
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:18 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1899.

NUWE LID

(Aankondiging)

Die Speaker kondig aan dat 'n vakature in die verteenwoordiging in die Huis ontstaan het weens die bedanking van mnr M G E Wiley op 31 Augustus 2000 en dat die vakature gevul is deur die benoeming deur die Nuwe NP van mnr M Hoza, met ingang van 1 September 2000, en dat die lid op 7 September 2000 die eed in die Speaker se Kantoor afgel het.

AD HOC-GEKOSE KOMITEE OOR GEDRAGSKODE
VIR LEDE VAN PARLEMENT

(Voorstel)

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, ek stel voor:

Dat 'n ad hoc-gekose komitee aangestel word om provinsiale wetgewing op te stel ingevolge artikel 27 van die Grondwet van die Wes-Kaap om vir 'n gedragskode vir die lede van die Provinsiale Parlement voorsiening te maak, en dat die volgende lede die ad hoc-gekose komitee sal uitmaak, nl:

Mnr W P Doman (Voorsitter)
Me L Brown
Mnr R J King
Mnr L Ramatlakane
Mnr D Silke

Goedgekeur.

FETUSALKOHOLSINDROOM

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) 'n beroep op alle kerke en dorpe in die provinsie doen om hul klokke op 9 September 2000, Internasionale Fetusalkoholsindroom Dag, vir een minuut op 09:09 te lui om sodoende bewustheid van fetusalkoholsindroom te skep;

(2) sy diepe besorgdheid oor die uitwerking van fetusalkoholsindroom uitspreek;

(3) gemeenskappe in die provinsie wat steeds deur 'n ho voorkoms van fetusalkoholsindroom geteister word, aanmoedig om sterk standpunt teen alkoholmisbruik in te neem; en

(4) maatskappye versoek om 'n verantwoordelike advertensieveldtog te loods waarin die gevare van alkoholmisbruik beklemtoon word.

Goedgekeur.

MNR FRED CARNESSEN

(Roubeklagvoorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy medelye uitspreek teenoor die familie, vriende en kamerade van wyle Fred Carnessen wat in die vyftigerjare, as lid van die Kommunistiese Party en wat Langa verteenwoordig het, 'n lid van die Provinsiale Raad was, en verder kennis neem van sy aktiewe rol in die stryd om bevryding, demokrasie en nie-rassisme wat nie vergeet sal word nie.

Goedgekeur.

KINDERMOORDE IN WES-KAAP

(Roubeklagvoorstel)

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy diepe medelye uitspreek teenoor al die families van die slagoffers van die onlangse vlaag van kindermoorde in die provinsie en die SAPD prys vir hul pogings tot dusver om die oortreders van di afgryslike misdade in hegtenis te neem.

Goedgekeur.

MISDAADGOLF IN WES-KAAP

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek het gereken u sou my oplet voor die agb lid mnr Silke; trouens, ek het voor hom opgestaan.

Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) met skok en afgryse kennis neem van die uiters wreedaardige wyse waarop Basie Herman en Jordenia Samson oor die naweek van 26 tot 27 Augustus 2000 te Dysselsdorp om die lewe gebring is;

(2) sy meegevoel uitspreek teenoor en simpatie betuig met die families en naasbestaandes van bogenoemde twee persone en hulle alle sterkte toewens in di donker uur;

(3) 'n beroep op die SAPD, die provinsiale Kommissaris en in besonder die Minister van Gemeenskapsveiligheid doen om alles in hul vermo te doen om die skuldiges aan die pen te laat ry;

(4) daarvan kennis neem dat misdaad op die platteland kommerwekkend aan die toeneem is met selfs bendes wat hul bedrywighede ook na daardie gebiede uitbrei;

(5) die SAPD en die Minister versoek om di tendens noukeurig te moniteer sodat alle nodige ingrypings tydig gedoen kan word om te voorkom dat dit verder uitkring; en

(6) versoek dat meer sinvolle en doeltreffende ondersteuning aan buurtwagte verleen word, beskikbare bronne herversprei word na gebiede waar die behoefte die grootste is en ten volle toegeruste traumakamers by alle polisiestasies ingerig word ten einde die vlaag misdaad te bekamp.

Die SPEAKER: Orde! Die voorstel is sonder kennisgewing gestel. Ek aanvaar dat die voorstel aanvaar sal word. Ek dink vanwe die aard van die voorstel kan die Huis eenstemmig daaroor wees. Ons kan net ter wille van die orde kyk na die gedeeltes van die voorstelle wat oorvleuel en desnoods ook die twee agb lede ken in wat uiteindelik op die Ordelys gedruk sal word.

Goedgekeur.

HERINSTELLING VAN DOODSTRAF

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Mnr die Speaker, ek stel voor sonder kennis, kennisgewing ... [Tussenwerpsels.] Soms moet selfs diegene in die goedkoopste sitplekke hul monde hou. [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, ...

Die SPEAKER: Orde! 

Die MINISTER: ... ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) sy ernstige kommer en skok uitspreek oor die gereeldheid waarmee veral kinders in die provinsie vermoor word en die onvermo van die nasionale Regering om sy burgers teen di gevoellose moordenaars te beskerm;

(2) 'n beroep doen dat die doodsvonnis vir moordenaars en verkragters heringestel word; en

(3) die ANC-regering dringend versoek om sonder versuim wetgewing in di verband in te dien.

*Die SPEAKER: Orde! Voordat ek aan die voorstel aandag gee, moet ek daarop wys dat die agb Minister van Maatskaplike Dienste nie aan enige agb lid van die Huis kan s om sy mond te hou nie. As hy na enigiemand in die Huis verwys het, sal hy dit moet terugtrek.

*Die MINISTER: Nee, meneer, ek het van mense in die goedkoopste sitplekke gepraat, wat vanselfsprekend nie hier teenwoordig is nie. [Gelag.]

*Die SPEAKER: Dit is 'n vorm van terugtrekking.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek is bevrees dat daardie taamlik ... [Tussenwerpsels.] 

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek is bevrees dat daardie taamlik ligsinnige reaksie nie op 'n verskoning neerkom nie en ek wil u graag hierop toespreek. Ek verstaan nie of u reeds 'n finale beslissing daaroor gegee het nie. Dit is duidelik dat die verwysing na die "goedkoopste sitplekke" 'n belediging vir die mense op die galery of vir ander agb lede van die Huis sou kon wees. Ek dink dat die agb Minister van Maatskaplike Dienste se reaksie nie op 'n terugtrekking neerkom nie. Ek versoek u derhalwe om my standpunt te oorweeg voordat u 'n beslissing gee.

Die SPEAKER: Orde! As ek na die redenasie van die agb lid mnr Dugmore luister, moet ek hom gelyk gee. Dit is na my mening onweerlegbaar dat die agb Minister van Maatskaplike Dienste op tussenwerpsels van agb lede gereageer het. Ek is bereid om so 'n reaksie van 'n lid te aanvaar as 'n vorm van terugtrekking. Die Stoel versoek egter nou van die agb Minister om die opmerking onomwonde terug te trek. Dit is die minste wat ons omtrent die saak kan doen. Die agb Minister moet dit onvoorwaardelik terugtrek.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, kan ek u daarop toespreek voordat ek verder reageer, of wil u net h ek moet dit terugtrek?

Die SPEAKER: Die agb Minister kan my gerus eers toespreek, waarna ek 'n finale beslissing sal gee waarop die agb Minister moet reageer.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, my woorde was, "Soms moet selfs diegene in die goedkoopste sitplekke hul monde hou." Ek weet nie of enige van die agb lede op daardie banke hulself as diegene in die goedkoopste sitplekke beskou het nie. Ek het nie ges, "daardie mense" nie, maar "diegene". Meneer, wat dit betref - ek wil nie die aangeleentheid uitrek nie - as u van mening is dat ek die woorde moet terugtrek, sal ek dit terugtrek.

Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister wou miskien nie lede in die Huis bykom nie. Ek het dit in ag geneem dat hy in die algemeen 'n opmerking wou maak. As 'n mens egter kyk na die oorwig van getuienis, hoewel ek die agb Minister se woord aanvaar, dink ek dat ek, gedagtig aan die waardigheid van die Huis, nie so 'n opmerking kan laat deurgaan nie. In hierdie geval vra ek die agb Minister om dit terug te trek.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek l my neer by u beslissing.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil u graag toespreek op 'n tussenwerpsel wat die agb lid mnr McKenzie so pas gemaak het, deur hardop te s, "Sy eie Speaker wat hom nou so moet aanspreek." Ek dink dit is 'n ernstige verwysing na die Stoel. U is die Speaker van die Huis en nie die Speaker van die agb Minister van Maatskaplike Dienste nie.

Die SPEAKER: Orde! Ja, ons ...

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek trek dit terug.

Die SPEAKER: Die agb lid mnr McKenzie het dit teruggetrek. Ons moet alle objektiwiteit probeer handhaaf.

Orde! Ek het nog nie met die voorstel gehandel nie. Die voorstel het dieselfde element bevat as voorstelle wat vanmiddag reeds gestel is. In soverre die inhoud oorvleuel, sal die Stoel 'n finale besluit daaroor neem. Ek is bereid om die res van die voorstel te stel. Enige besware? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

HO VOORKOMS VAN MIV/VIGS ONDER VERPLEEGSTERS

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy kommer uitspreek oor die ho voorkoms van MIV/Vigs onder verpleegsters wat die eintlike persone is wat opgelei is om diegene wat met die gevreesde virus besmet is te ondersteun en aan wie se sorg hulle toevertrou is, en, omdat MIV/Vigs ons mense doodmaak en omdat ons almal moet saamstaan om die siekte te beveg, 'n beroep op alle politieke partye doen om op te hou om politieke punte rakende di aangeleentheid aan te teken.

Goedgekeur.

UITSPRAAK IN CERES STREEKHOF

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) met skok en teleurstelling kennis neem van die onlangse uitspraak in die Streekhof in Ceres in die saak waarin sersant Chrisjan Myburgh op 'n aanklag van poging tot moord tereggestaan het nadat hy na bewering brandspiritus oor Andr Petersen uitgegooi het en hom daarna aan die brand gesteek het;

(2)	kennis neem dat die Landdros, mnr M van Graan, nie alternatiewe klagtes soos aanranding en strafbare manslag oorweeg het nie, ondanks sekere bepalings in die Strafproseswet (No 51 van 1977); en

(3)	direkteur Kahn gelukwens met sy besluit om teen die uitspraak te appelleer, en verder die hoop uitspreek dat geregtigheid sal sevier.

Goedgekeur.

MOEDER-TOT-KIND MIV/VIGS-PROGRAM

(Voorstel)

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

	(1)	die besluit van die Departement van Gesondheid prys om hul program ter voorkoming van die oordrag van MIV/Vigs van moeder tot kind in ses fokusgebiede in werking te stel; en

	(2)	kennis neem dat ongeveer 300 babas tot op hede as gevolg van die program gered is en ander provinsies aanmoedig om die voorbeeld te volg.

Goedgekeur.

UITSETTING VAN MENSE VAN PLAAS GROENLIGA

(Voorstel)

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die uitsetting van 44 mense, van wie een 'n bejaarde vrou in 'n rystoel is, van die plaas Groenliga in die Noorder-Paarl-gebied veroordeel, en 'n beroep op die nasionale Minister vir Landbou en Grondsake doen om strenger wetgewing rakende uitsetting in te stel.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

GAPING TUSSEN SWART ELITE EN
RES VAN SWART GEMEENSKAP

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:
Dat die Huis kennis neem van die groot en steeds groeiende ekonomiese gaping tussen die swart elite en die res van die swart gemeenskap, en die ANC-regering versoek om die meer dringende behoeftes van die minderbevoorregte mense aan te spreek en nie net die spesiale behoeftes van die welgestelde minderheid nie.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

AGTSTE WES-KAAPSE WYSIGINGSWETSONTWERP OP
DOBBELARY EN WEDRENNE [W11-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, die agtste wysiging op die Wes-Kaapse Wet op Dobbelary en Wedrenne van 1996 is nodig om sekere woordbepalings te wysig en ook in te voeg om renbaan- en renbaanperseellisensies te skrap; om uitsonderings te maak ten opsigte van die verpligting om sekere lisensie-aansoeke te adverteer; om voorsiening te maak vir prosedures wat houers van operateurslisensies verplig om kullery en ander oortredings van die Wet of 'n dergelike wet aan die raad te openbaar; om bedryfsmetodes van lisensiehouers te reguleer; en om voorsiening te maak vir die verbeurdverklaring van goedere aan die Provinsie in gevalle waar 'n skulderkenningsboete betaal word en vir sake wat daarmee verband hou.

Mnr die Speaker, die Agtste Wysigingswetsontwerp is 'n geldwetsontwerp en is afsonderlik oorweeg van die ander wysigings wat deur die staande komitee voorgestel is. Die verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W11-2000], gedateer 4 September 2000, lui soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W11-2000], wat ...

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die klankstelsel werk nie, en daarom kan ons nie die agb lid mnr Ismail se toespraak volg nie.

*Die SPEAKER: Orde! Ons sal onmiddellik daaraan aandag gee. Die agb lid mnr Ismail mag voortgaan.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, ek herhaal die aanhaling uit die verslag:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W11-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om verslag te doen dat hy sy oorweging van die Wetsontwerp voltooi het.

Mnr die Speaker, die wysiging van artikel 75 van Wet 4 van 1996, wat subartikel (3) vervang, bring mee dat wanneer enige persoon skuldig bevind is aan 'n misdryf ingevolge hierdie Wet, of 'n skulderkenningsboete kragtens artikel 75 van die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977), alle koste sal dra wat aangegaan is deur die raad en ook deur die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap, wat nou ingesluit word, en natuurlik die SAPD, vir vervoeronkoste aangegaan en die berging van enige dobbeltoestelle, toerusting, en so meer, tensy die Hof anders gelas. Subartikel (4) wat na subartikel (3) ingevoeg is, maak dit meer duidelik en bepaal, selfs in gevalle wanneer ons nie in die hof verskyn nie, en ek haal aan:

'n Skulderkenningsboete beoog in subartikel (3) sal deur die klerk of die registrateur van die betrokke hof verhaal word en in die Provinsiale Inkomstefonds inbetaal word.

*Mnr die Speaker, die voorgestelde wysiging van artikel 80 van Wet 4 van 1996 behels die volgende, en ek haal uit die Verklarende Memorandum aan:

3.1	Hierdie voorgestelde wysiging verbreed die omstandighede waaronder die Raad 'n beloning aan informante kan betaal en is genoodsaak deur praktiese oorwegings. Daar is bevind dat, indien betaling eers gedoen word by skuldigbevinding van die persoon ten opsigte van wie die inligting verskaf is, informante traag is om inligting te verskaf oor die aktiwiteite van onwettige operateurs, wat in baie gevalle deur komplekse georganiseerde netwerke beskerm word. In baie gevalle word betaling van die beloning aansienlik vertraag weens die lang tydsverloop tussen die generering van die kriminele sake en die uiteindelike verhoor daarvan.

3.2 Wanneer 'n informant tydens kriminele verrigtinge erken dat 'n beloning slegs by skuldigbevinding van die beskuldigde betaalbaar sal wees, word dit boonop gereeld as argument gebruik dat die informant 'n motief het om valse getuienis te lewer.

Mnr die Speaker, ek wil vervolgens graag verwys na die voorgestelde wysiging van Bylae II van Wet 4 van 1996. Dit het onder meer ten doel, en ek haal aan:

4.1 Die voorgestelde wysigings aan Bylae II is bedoel om duidelikheid te verseker deur te spesifiseer dat Belasting op Toegevoegde Waarde ("BTW") in alle gevalle uitgesluit is van gelde wat daarin uiteengesit is, en die geldestruktuur te wysig om dit aan te toon.

4.2 Die rasionaal vir hierdie wysiging is dat die Raad, wat sekere van hierdie gelde vir eie rekening ontvang, soos aansoekgelde om nuwe lisensies en jaarlikse ondersoekgelde, aanspreeklik is vir BTW en daarvoor geregistreer is.

Meneer, met die voorgestelde vervanging van Bylae IV van die Wet is bedoel, en ek haal aan uit punt 5.1 van die Verklarende Memorandum:

... om die Wet te konsolideer sover dit die betaling van belastings deur die houers van boekmakerslisensies aangaan en sodoende enige potensile onsekerheid oor die kwessie van belastings wat deur sulke lisensiehouers betaalbaar is, uit die weg te ruim.

Mnr die Speaker, die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe het die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne met amendemente gesteun en het geen besware daarteen nie.

*Mnr Y GABRU: Mnr die Speaker, die ANC ondersteun die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek het gewonder of ek ten opsigte van hierdie spesifieke saak moet onthul dat ek dalk botsende belange sou kon h in die lig daarvan dat ek in die verlede die 777 casino besoek het. Ek het net gewonder of ek enige onthulling in daardie verband moet maak. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek is baie bly dat die ANC die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne ondersteun.

Ek wil graag die voorsitter en lede van die staande komitee wat hierdie aangeleentheid hanteer het, bedank. Ek is bly dat die maatrel deur die staande komiteestadium gegaan het.

Ek is nie van voorneme om agb lede enigsins verder op te hou met enigiets verder nie. Alles is reeds ges, en ek stel derhalwe die Tweede Lesing voor.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

Wetsontwerp nie na Komitee van die Hele Huis verwys nie.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

NEGENDE WES-KAAPSE WYSIGINGSWETSONTWERP
OP DOBBELARY EN WEDRENNE [W12-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, dit is vir my aangenaam om die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne in te dien. Ek het in die verlede in die Huis aangedui dat die Wes-Kaapse Wet op Dobbelary en Wedrenne, 1996, 'n dinamiese en lewende dokument is wat voortdurende aandag verg en ook op 'n gereelde grondslag opgedateer en gewysig moet word.

Dit is nou meer as drie jaar sedert die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne en sy personeel aangestel is. Waardevolle kennis en insig is oor die afgelope drie jaar opgedoen, en daar kan nou ges word dat ons in 'n veel beter posisie verkeer om werklik die volle verskeidenheid sake rakende dobbelary, en wat ons verantwoordelikhede as reguleerders in hierdie verband is, te begryp. Die kennis en ondervinding wat opgedoen is, het ons weer in staat gestel om skuiwergate en ander tekortkominge in die huidige Wet te identifiseer, wat uitgeloop het op die Wysigingswetsontwerp.

Mnr die Speaker, voordat ek in meer besonderhede op die voorgestelde wysigings ingaan, wil ek graag 'n paar meer algemene opmerkings rakende dobbelary maak. Dit is my persoonlike mening - en ek is seker dat dit deur die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne gedeel word - dat daar drie uiters belangrike oogmerke is wat deur die regulering van dobbelary gedien moet word.

Daar is ten eerste die beskerming van die man in die straat teen gewetenlose operateurs en, meer spesifiek, onwettige operateurs ...

*Mnr C M DUGMORE: Wat van die vroue, Leon?

*Die MINISTER: Ek kom daarby.

Mnr die Speaker, ten tweede het ons die invordering van belastings wat die Provinsie toeval, en boonop moet 'n mens baie versigtig wees wat vrouebelange betref. Ek bedank die agb lid mnr Dugmore omdat hy dit opgehaal het. Ten derde het ons die ontwikkeling van 'n bewustheid van en 'n empatie met die sosio-ekonomiese uitwerking van dobbelary.

Ons het 'n morele en regulerende plig om die man in die straat teen gewetenlose operateurs te beskerm, en ek dink onmiddellik aan die onwettige dobbeloperasies wat nie net in die provinsie voorkom nie, maar ook in die land as geheel. Ons sal nie enige vorm van onwettige bedrywighede duld nie en sal voortgaan om hulle toe te maak. Hierdie onwettige operateurs betaal nie belastings nie, hulle dra baie selde iets goeds by tot voordeel van die gemeenskap en hulle skep 'n teelaarde vir ander kriminele bedrywighede soos dwelmhandel, prostitusie en geldwassery.

Die publiek wat by hierdie dobbelhuise dobbel, geniet geen beskerming teen die manipulasie van uitbetalings en ander oneerlike gebruike nie. Dit is daarom met groot tevredenheid dat ek oor die onlangse sluiting van vier groot onwettige dobbeloperasies in Seepunt verslag doen, soos in die pers beklemtoon. Aangesien die ondersoek na die sake van hierdie operasies in 'n baie sensitiewe stadium is, wil ek nie enigsins verder uitbrei nie, behalwe om te s dat sekere partye van kriminele oortredings aangekla is en dat hulle met die hele omvang van die wet vervolg sal word.

Mnr die Speaker, ons verwag dat daar drie casino's in die Wes-Kaap sal wees wat voor die einde van vanjaar vir die publiek oop sal wees. Daar word in die vooruitsig gestel dat die casino by Caledon op 15 Oktober 2000 sy deure sal open, dat hy binne die bestek van 'n maand deur die casino by Club Mykonos gevolg sal word en uiteindelik die grote by Goodwood, genaamd GrandWest, op 15 Desember 2000. Beroepslui met 'n bewese geskiedenis sal hierdie casino's bedryf, wat deur die raad gereguleer sal word. Wanneer hulle oopmaak, sal inkomste by wyse van belastings onmiddellik na die Provinsie gekanaliseer word. Ek kan in hierdie verband miskien net s dat die Provinsie nie vir hierdie spesifieke inkomste begroot het nie.

Dit het nou tyd geword dat die Provinsie se belegging in die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne begin vrug dra. Daar word voorsien dat die belastings wat uit hierdie casino's gevorder word, met verloop van tyd 'n uiters positiewe invloed op die begroting van die Provinsie sal h. Ons sien uit na die opening van hierdie casino's en wens die raad en die operateurs alle voorspoed toe met hul pogings.

Mnr die Speaker, 'n mens is soms geneig om net stil te staan by die aspekte van dobbelary wat geag word tot voordeel van die Provinsie te wees. Ek wil egter weer die invloed beklemtoon wat enige vorm van dobbelary op die gemeenskap self het. Ons moet alle moontlike uitwe ondersoek om die oorstimulasie van die onderliggende behoefte aan dobbelary te voorkom.

Ek het die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne opdrag gegee om alles in sy vermo te doen om aandag te gee aan die ernstige uitwerking wat probleemdobbelary op gesinne en die gemeenskap as geheel sou kon h. Die raad is tans in wisselwerking met al die toepaslike rolspelers in hierdie verband en het ook onlangs rels goedgekeur wat die maksimum verblyftydperk bepaal in 'n crche of 'n kindersorggerief wat vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar aan 'n casino-ontwikkeling gekoppel is. Die rels verbied ook hierdie kinders toegang tot die dobbelvloer. Om die waarheid te s, hierdie minderjariges sal nie toegelaat word om sonder toesig in die omgewing van die casino rond te loop nie.

Mnr die Speaker, terwyl die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne, 'n geldwetsontwerp, bepalings rakende finansile sake bevat het, beoog die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne om aandag te gee aan identifiseerbare tekortkominge in die bestaande wetgewing. Ons maak voortdurend skuiwergate in die Wet toe, wat dit moeiliker sal maak vir onwettige operateurs om kriminele aanklagte te ontduik.

Om hierdie rede versoek ons die wysiging van verskeie woordomskrywings in die wet, en die woordomskrywing van "sosiale dobbelary" is die belangrikste daarvan. As gevolg van die maatrels wat voorgestel word, sal onwettige operateurs nou nie meer kan aanvoer dat hulle nie dobbelary toelaat nie, maar bloot sosiale dobbelary sonder enige wins vir hulself toelaat. Nog 'n betekenisvolle wysiging is die feit dat die wet dit sal magtig dat goedere wat van onwettige operateurs gekonfiskeer is, aan die Provinsie verbeur word in gevalle waar hulle skuld erken.

Mnr die Speaker, die perdewedrenbedryf word nou vir die afgelope drie jaar gereguleer. Wat duidelik na vore gekom het, is die feit dat daar 'n wesenlike verskil is tussen die dobbelarywerknemers wat, byvoorbeeld, vir 'n beroepswedders-onderneming of totalisator werk en diegene wat in 'n casino werk. In 'n casino het 'n dobbelarywerknemer soos 'n deler die vermo om die uitslag van 'n spel te benvloed, terwyl 'n dobbelarywerknemer wat in die perdewedrenomgewing werksaam is, bloot weddenskappe aanteken op wat in wese 'n gerekenariseerde weddenskap- en boekhoustelsel is. Die werknemer kan niks doen om die uitslag van die gebeurtenis te benvloed nie. Daar word dus aanbeveel dat sekere kategorie personeel wat in die perdewedrenbedryf werksaam is, vrygestel word van lisensiring deur die raad.

Mnr die Speaker, die eienaars van beroepsweddersondernemings en personeel van die wedrenklub wat vanwe hul pligte in 'n posisie verkeer om maatstawwe te manipuleer wat die uitslag van 'n wedren benvloed, om te kul of om 'n wanvoorstelling te maak van die belastingaanspreeklikheid van die lisensiehouer sal egter steeds, soos in die verlede, deur die raad gelisensieer moet word.
Die wysiging sal ook die doeltreffendheid van die raad drasties verhoog deur personeel beskikbaar te stel wat tot dusver die grootste deel van hul tyd bestee het aan die lisensiring van voormelde dobbelarywerknemers. Hierdie personeel van die raad sal nou byna uitsluitlik aangewend word vir 'n baie belangrike funksie, naamlik om gereelde oudits en inspeksies van beroepswedders- en totalisator-ondernemings uit te voer om te verseker dat die publiek beskerm word en dat belastings korrek en tydig aan die Provinsie oorbetaal word.

Mnr die Speaker, daar is verskeie ander tegniese wysigings aan die Wet, wat almal daarop gemik is om die bevoegdhede van die raad uit te brei ten einde die doeltreffende en doelmatige regulering van die dobbelbedryf in die Wes-Kaap te bevorder. Ek ondersteun hierdie amendemente ten volle.

Die SPEAKER: Orde! Voordat ek die volgende agb lid sien, die tegnici dui aan dat die volume by een of twee van die banke baie hoog gestel is en dit 'n distorsie veroorsaak. Agb lede moet asseblief die volume van die tolktoestelle laer stel. Ek sal die diensbeamptes ook versoek om die toestelle by die le banke na te gaan.

Ek stel nou die agb lid mnr Ismail aan die woord.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, ons het van die begin af voorspel dat die Wes-Kaapse Wet op Dobbelary en Wedrenne baie maal gewysig sal word, maar ek sou nooit kon droom dat ons die Wet binne so 'n kort tydsbestek soveel maal sou wysig nie.

Mnr die Speaker, die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe rapporteer soos volg die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W12-2000], gedateer 5 September 2000:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W12-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om die Wetsontwerp sonder amendement voor te l.

*Mnr die Speaker, ek wil die Dobbelraad bedank, wat oor die afgelope drie jaar 333 onwettige ondernemings toegemaak het en meer as 5 000 dobbelmasjiene in die Wes-Kaap gekonfiskeer het. Hulle het ook 337 suksesvolle vervolgings behaal, met 59 gevalle wat nog uitstaande is.

Meneer, ek wil kortliks verwys na die wysiging van artikel 27 van Wet 4 van 1996, waardeur renbaan- en renbaanperseellisensies verwyder is van die reeks verskillende lisensies wat die raad kan uitreik. In di verband, aangesien daar reeds aan die Westelike Provinsie Wedrenklub 'n totalisatoroperateurlisensie en 'n reeks totalisatorperseellisensies uitgereik is, waarvan een spesifiek betrekking het op die renbaan, is dit duidelik dat 'n renbaan- en renbaanperseellisensie oortollig is. Dit is geensins nodig om die renbaan en die perseel waarop dit aangel is, afsonderlik te lisensieer nie, omdat die geskiktheid van die perseel, met inagneming van die bedrywighede wat daarop plaasvind, reeds gedek word deur die totalisatoroperateurlisensie. Daar is geen vooruitsig dat enige persoon perdewedrenne sal aanbied sonder om gelyktydig om 'n totalisator- en perseellisensie aansoek te doen nie. Ons ondersteun dus hierdie wysiging.

Mnr die Speaker, die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe steun die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne ten volle.

*Mnr Y GABRU: Mnr die Speaker, die ANC ondersteun die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne. [Tussenwerpsels.]

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek kan dalk 'n bietjie langer neem as die vorige spreker op die sprekerslys! [Tussenwerpsels.]

Dit is vir my aangeneem om vandag toe te tree tot die debat ter ondersteuning van hierdie belangrike stuk wetgewing. Die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne voor ons is kernbelangrik om die regulering van dobbelary in die provinsie meer vaartbelyn te maak en meer spesifiek vir die beskerming van die bedryf en die publiek. Voorts baan die wetsontwerp die weg vir die potensile skeiding, in 'n later stadium, van perdewedrenne en dobbelary ten opsigte van wetgewing en regulering.

Mnr die Speaker, terwyl ons almal in die provinsie ... [Tussenwerpsels.] Ek gaan my toespraak voltooi, mnr die Speaker. Terwyl ons almal in die provinsie die waarde van dobbelary ten opsigte van hulp aan die provinsiale fiskus erken, moet ons uiters versigtig wees om te verseker dat dobbelary beheer word en dat gewetenlose elemente nie die wet misbruik nie. Die voorgestelde wysigings in die wetsontwerp sal baie doen om die sluiting van onwettige operateurs, wat die geldigheid van die wet betwis, te vergemaklik.

Op hierdie punt wil ek ook graag spesiale hulde bring aan die onlangse optrede van die raad deur die sluiting van verskeie onwettige casino's wat in die Seepunt-omgewing in bedryf was. Ons is almal bewus van die gevare wat hierdie soort bedryf inhou en ons is veral dankbaar vir die owerhede wat deelgeneem het aan die suksesvolle klopjagte. Die agb lid mnr Ismail het reeds na die feit verwys dat daar beduidende arrestasies en mettertyd, dit is vir my aangenaam om dit te s, skuldigbevindings in hierdie verband was.

Mnr die Speaker, dit is 'n bedryf hierdie wat in 'n groot mate onwettige operateurs na vore kan laat kom, en enige gebrek om aan die wet te voldoen moet in die kiem gesmoor word. Ons kan nie bekostig om ons blind te hou vir onwettige operateurs nie, en ek hoop dat die onlangse optrede in Seepunt uitgebrei sal word tot ander onwettige bedrywe regoor die Wes-Kaap. Om die waarheid te s, ek weet dat die raad ook op 'n gesamentlike grondslag by hierdie aangeleentheid betrokke was.

In hierdie verband wil ek by die wetsontwerp self uitkom. Die wysiging aan artikel 67 moet verwelkom word. Deur aan die raad magtiging te verleen, sal misdadigers nie meer die verskoning van "sosiale dobbelary" kan gebruik tydens strafregtelike verrigtinge nie. Die raad beskik nou oor die bevoegdheid om die ongelisensieerde besit van dobbeltoestelle op aansoek goed te keur en sal derhalwe vooraf weet wat toelaatbaar is en wat nie.

Mnr die Speaker, 'n meganisme is nou ingestel waarkragtens daar van diegene wat sosiale dobbelary, waarby die besit van dobbeltoestelle betrokke is, wil aanbied verwag sal word om die raad te nader om magtiging te verkry. In wese sou dit hulle in staat stel om die betrokke dobbeltoestelle te besit vir die tydperk en op die plek wat in die magtiging bepaal word. Hierdie prosedure sal die voordeel inhou dat 'n volledige verdediging verskaf word aan mense in wie se besit dobbeltoestelle vir die doel van sosiale dobbelary gekry word, aangesien sodanige mense vooraf goedkeuring van die raad sou verkry het. Dit sal voorkom dat spekulatiewe argumente op 'n saak tot saak grondslag opgehaal word en die potensiaal vir misbruik van die wet aansienlik verminder. Dit verstewig die wet deur toe te laat dat die gevalle van onwettige dobbelary aan die lig gebring en derhalwe suksesvol vervolg word.

Die wysiging moet gesien word in samehang met die veranderinge aan die omskrywing van "sosiale dobbelary", wat nou die omstandighede duidelik uitklaar waaronder sodanige dobbelary kan geskied.

Mnr die Speaker, daar was histories 'n groot struikelblok tydens die vervolging van onwettige bedrywe. Dit was die situasie dat indien 'n operateur kon bewys dat die dobbelspel in 'n privaat woning, klubhuis of soortgelyke plek gespeel is, dat dit nie vir wins aangebied is nie en dat niemand betaling ontvang het vir die aanbieding daarvan nie, die bedrywigheid op "sosiale dobbelary" neergekom het en nie aan strafregtelike vervolging onderworpe was nie.

Hierdie aangeleenthede is voortdurend in die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe opgehaal oor 'n aansienlike tydperk sedert ek lid van die komitee geword het. Die gevolglike beperking van die omskrywing van "sosiale dobbelary" sal die potensiaal vir misbruik deur kriminele elemente verminder. Dit is vir my aangenaam om te sien dat dit ook in die wetsontwerp vervat is.

Mnr die Speaker, nog 'n sleutelontwikkeling wat in die wetsontwerp vervat is, is die opskerping van die rekenpligtigheid van die lisensiehouer teenoor die raad vis--vis kullery in die onderneming van 'n operateur. Die invoeging van artikel 70A in Wet 4 verhoog die vermo van die raad om die integriteit van die operateur te monitor. Dit stel die raad in staat om potensile kullery of ander verwante onrelmatighede op 'n byna voortdurende grondslag aan die lig te bring. Lisensiehouers of operateurs kan dus op 'n voortdurende grondslag gevalueer word ten opsigte van die wettige toepassing van voormelde lisensies, waardeur 'n beter gereguleerde en gemoniteerde bedryf verkry word.

Hoewel ek hoofsaaklik aandag gegee het aan die regulatoriese aspekte van die wetsontwerp soos dit op casino's en dobbelary betrekking het, is daar ander belangrike sake rakende die vaartbelyning van die lisensiringsprosedures in die perdewedrenbedryf. Saam met hierdie amendemente, en di ten opsigte van dobbelary, ondersteun ons aan hierdie kant van die Huis die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne heelhartig.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, om te bewys dat daar 'n paar voorbeelde is waarin 'n mens die ANC kan navolg, sal ek ook kort praat.

Ek wil graag die agb lede bedank wat aan die debat deelgeneem het, asook die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe omdat hulle die maatrel hanteer het.

Mnr die Speaker, dit is nou vir my aangenaam om die Tweede Lesing van die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne voor te stel.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

Wetsontwerp nie na die Komitee van die Hele Huis verwys nie.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

AANTYGINGS VAN KORRUPSIE EN ONRELMATIGHEDE
BY SUID-SKIEREILANDSE MUNISIPALITEIT

(Voorstel)

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek stel voor:

	Dat die Huis -

(1) 'n beroep op die Premier doen om sy magte ingevolge die Wes-Kaapse Provinsiale Kommissieswet, 1998, te gebruik om 'n kommissie van ondersoek aan te stel, met die bevoegdheid om getuies te dagvaar en ander getuienis te vorder, om die ernstige aantygings van korrupsie en onrelmatighede in die Direktorate Grondgebruikontwikkeling sowel as Boutoesig van die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit, soos deur die Van Niekerk Ondersoek aanbeveel, verder te ondersoek;

(2) die manier veroordeel waarop die Nuwe NP-beheerde Suid-Skiereilandse Munisipaliteit gepoog het om verdere ondersoek en debatvoering oor di belangrike aangeleentheid vir die inwoners en belastingbetalers, in die Uitvoerende Komitee en Raad van die SSM toe te smeer en te voorkom.

Mnr die Speaker, belastingbetalers, burgers, burgerlike organisasies en raadslede oor partygrense heen kla nou al vir jare oor onrelmatighede in die Grondgebruik- en Boutoesigdirektorate van die Nuwe NP-beheerde Suid-Skiereilandse Munisipaliteit. Die SSM het uiteindelik in 1998 'n prokureur, mnr Van Niekerk, aangestel om op hierdie sake in te gaan. Na verskeie openbare vergaderings en ander getuienis deur hom oorweeg is, het hy op 12 Januarie 1999 sy verslag voorgel. Die verslag bevat baie interessante leesstof.

Mnr die Speaker, mnr Van Niekerk het tot die slotsom gekom dat daar twee gevalle is waar daar definitief op die bestaan van wanpraktyke afgekom is. Ten eerste het die SSM sonder 'n gekwalifiseerde boubeheerbeampte funksioneer en ten tweede is planne goedgekeur sonder die toestemming van 'n gekwalifiseerde boubeheerbeampte. Op sigself is dit ernstige sake hierdie.

In paragraaf 30.3.2 van die verslag maak mnr Van Niekerk die volgende punte, en ek haal aan:

In no other instances have malpractices been positively shown to exist. I note, however, that several witnesses alluded thereto either directly or indirectly but it was not possible to investigate these due to the lack of authority to subpoena witnesses under oath or to produce documents.

Hy s ook, en ek haal aan:

Ratepayers are frustrated in that effectively they are unable to voice their complaints or concerns or be heard with a sympathetic ear.

Hy gaan voort, en ek haal aan:

... if this had been a commercial enterprise established in this manner, its doors by now would have been closed and its assets sold by a liquidator or be in liquidation.

[Tussenwerpsels.] Hy verwys na die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit. [Tussenwerpsels.] Dit word beheer deur die agb lid se koalisievennote.

Hy het afgesluit deur die getuienis op te som wat aan hom voorgel is, en ek haal aan uit paragraaf 12.2.3.3 van die verslag:

These are serious allegations to have been made and in my view can only be properly investigated if an inquiry takes place whereby it is able to issue subpoenas, call witnesses and insist that they be examined under oath.

Mnr Van Niekerk beveel duidelik verdere ondersoeke aan.

Mnr die Speaker, dit is op hierdie punt dat die toesmeerdery deur die Nuwe NP begin. Die verslag is gedateer 12 Januarie 1999. Dit is vir die eerste maal op 16 Februarie 1999 deur die uitvoerende komitee van die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit oorweeg. Tydens daardie vergadering is daar besluit dat alle aangeleenthede wat verdere aandag verg, as 'n saak van dringendheid ondersoek moet word en 'n verdere verslag teen 15 Maart 1999 aan die uitvoerende komitee voorgel moet word nadat skriftelike voorleggings deur raadslede en amptenare aan die hoof uitvoerende beampte voorgel is.

Dit was egter 'n ander streek van die Nuwe NP om van die saak te vergeet. Een jaar later, in Maart 2000, en 'n jaar en 'n paar maande nadat mnr Van Niekerk die verslag voorgel het, het die uitvoerende komitee weer die aangeleentheid bespreek - en dit ten spyte van die DP- en die ANC-raadslede se pogings om die aangeleentheid in daardie tydperk te opper.

Mnr die Speaker, toe die aangeleentheid op die agenda geplaas is, het die Nuwe NP probeer om enige bespreking van die saak te verhoed. Uiteindelik het die Nuwe NP tydens die raadsvergadering in April 2000 die DP- en ANC-raadslede uitgestem, wat saamgestem het oor die saak, en ges dat die aangeleentheid afgehandel is.

Mnr Kruser, die Nuwe NP-voorsitter van die uitvoerende komitee wat 'n paar dae gelede bedank het, en die HUB van die raad, mnr Koekemoer, het by verskeie geleenthede in die pers, oor die radio en tydens raadsvergaderings ges dat die kwessies wat in die verslag geopper is, aandag geniet het en dat daar geen rede vir verdere ondersoek was nie. Dit is egter nie waar nie. Inwoners, belasting-betalers en burgerlike organisasies haal voortdurend sake in verband met hierdie aangeleenthede op. Daar is begin met die bouwerk aan tallose geboue, met inbegrip van 'n groot winkelkompleks in Sun Valley, sonder dat die planne daarvoor goedgekeur en oorlegplegingsprosedures gevolg is.

Mnr die Speaker, me Sandy Barnes van die Silvermine Valley Coalition, 'n burgerlike organisasie, is in die Cape Times van 1 Mei 2000 aangehaal, waar sy ges het, en ek haal aan:

So that means you can build on public open space, run illegal businesses, divert rivers, put up shops in nature areas and if you're caught out, you can just say: 'Oops! Sorry - here's my application to have it approved' and nothing will happen.

Dit is die werklikheid in daardie raad.

Nadat die Nuwe NP in die raad probeer het om te verhoed dat die aangeleentheid enigsins verder bespreek word en verseker het dat geen verdere stappe deur die raad gedoen sou word nie, en nadat ek en ander ANC-lede en, kan ek maar s, DP-lede, verskeie samesprekings gevoer het met burgerlike organisasies, belastingbetalersverenigings en burgers van die Suid-Skiereiland, het ek in Mei 2000 die voorstel voorgestel wat ons vandag in die Huis bespreek.

Voordat die voorstel gedebatteer kon word, het die agb Premier aan die ANC geskryf en voorgestel dat ons 'n verteenwoordiger stuur na 'n taakspan om hom te adviseer oor of 'n kommissie van ondersoek aangestel behoort te word of nie. Ek moet ook s dat daar 'n wet is wat aan die agb Premier bevoegdheid verleen om 'n kommissie van ondersoek aan te stel, soos uiteengesit in die voorstel.

Mnr die Speaker, die ANC het ingestem dat ek deel van die taakspan moet uitmaak, omdat ons bereid is om te doen wat ook al nodig is om aandag te gee aan die sorge van die inwoners en die belastingbetalers en om goeie regering in die Suid-Skiereiland te verseker. [Tussenwerpsels.] Ons het ingestem om deel te neem as 'n aanduiding van ons goeie trou en ons het in daardie stadium ingestem om die voorstel terug te hou om die taakspan in staat te stel om sy werk te doen.

Tydens al die vergaderings van die taakspan wat ek bygewoon het, het ek die punt gemaak dat die werk van die taakspan nie onnodig uitgerek behoort te word nie, dat die aangeleentheid sedert die begin van 1998 voortgeduur het en dat dit glad nie vir ons nodig was om verdere vertragings te veroorsaak nie. In die taakspan het ons ook 'n onderlinge verstandhouding ontwikkel. Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake en die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, wat nie meer met ons is nie, was deel van die taakspan. Ek dink ons het in 'n baie opbouende wyse saamgewerk toe ons die aangeleenthede hanteer het, en ons het ook onderhoude gevoer met talle sleutelrolspelers in hierdie saak.

Mnr die Speaker, twee kwessies het in die taakspan opgeduik. Ten eerste, na ons vergadering op 21 Junie 2000, het ons besluit om die agb Premier te versoek om 'n manier te vind waarop die taakspan insae kon h in 'n forensiese oudit van die twee departemente, wat in opdrag van die HUB van die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit uitgevoer is. Op 18 Augustus 2000, twee maande later, het ons 'n antwoord van die agb Premier oor die saak ontvang, waarin hy ges het dat hy nie vir ons die oudit sou kon kry nie.

Mnr die Speaker, die feit dat die HUB opdrag gegee het vir 'n oudit nadat hy die raad meegedeel het dat die kwessies wat deur mnr Van Niekerk opgehaal is, aandag geniet het, was op sigself iets wat kommer gewek het. Wat ons verder bekommer het, was dat hoewel die HUB daarop gestaan het dat hy nie die oudit aan enigiemand sou wys nie - en hy het dit nie aan enigiemand gewys nie - mnr Kruser, die destydse Nuwe NP Uitvoerende Komitee-voorsitter, die Cape Argus meegedeel het dat hy die verslag gesien het en geen getuienis van enige onrelmatighede daarin gekry het nie.

Die tweede kwessie was dat die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning op 22 Julie 2000 uit die provinsiale Kabinet bedank het. Dit het beteken dat hy nie meer 'n lid van die taakspan was nie. In die bykans twee maande sedertdien is geen stappe gedoen om hom in die taakspan te vervang nie en daar was geen mededeling van die agb Premier om die taakspan van sy voorneme in hierdie verband in te lig nie. Dit het daartoe gelei dat die taakspan sedert die einde van Junie nie kon byeenkom nie.

Mnr die Speaker, dit is duidelik nie 'n saak van belang vir die agb Premier of die Provinsiale Regering nie, en ten spyte van die oproepe van inwoners en belastingbetalers - selfs DP-raadslede - dink die DA-koalisie dat hy hierdie saak onbepaald kan uitstel. Dit is waarom ons gedwing is om vandag met die voorstel te kom.

Inwoners wag vir 'n reaksie van die DA oor wat gaan gebeur. Daar is DP-raadslede en lede, sowel as gewone burgers, wat die gesamentlike werk van die ANC en die DP oor hierdie saak gesteun het. Ek dink hulle wag om te kyk of die DP sy beginsels oor hierdie saak sal prysgee en die Nuwe NP in sy toesmeerdery sal ondersteun. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, mnr Guy Dormehl, nog 'n voorsitter van een van die burgerlike organisasies, het in 'n brief aan die Cape Times ges, en ek haal aan:

All our civic bodies, as well as the Southern Civic Alliance, have offered to assist the SPM by using our time, expertise, enthusiasm and dedication but it appears that our municipality would rather fight us every inch of the way -unfortunately aided and abetted by certain councillors with political axes to grind.

Mnr die Speaker, ons wil graag aan die DP sowel as die agb Premier - wat ook 'n inwoner van die Suid-Skiereiland en 'n lid van die party is wat dit beheer en van 'n party wat voortdurend 'n geraas maak oor korrupsie op nasionale vlak - vra of hulle sal voortgaan om hierdie aangeleentheid toe te smeer. Gaan die oproepe van mnr Van Niekerk, wat deur die raad aangestel is, die oproepe van belastingbetalers en die oproepe van hul koalisievennote voortdurend gegnoreer word? Gaan hulle hul morele verpligtinge ignoreer en hierdie aangeleentheid verder toesmeer? Of gaan ons toelaat dat hierdie saak behoorlik ondersoek en opgelos word?

*Me N C PHENDUKA: Mnr die Speaker, ek wil graag eers een kwessie in hierdie debat ophaal. As 'n mens na die sprekerslys kyk, lyk dit asof die ANC besig is om met homself te praat. Ek weet nie of dit is omdat die Nuwe NP en die DP die kwessie as onbelangrik vir hulle beskou, of omdat korrupsie aan die orde van die dag moet wees en hulle daarom nie omgee wat aan die gang is of omdat die agb Premier die sleutelpersoon in hierdie aangeleentheid is nie.

Mnr die Speaker, ek ondersteun wat die agb lid mnr Ozinsky in sy toespraak ges het. Ek sou graag 'n paar toepaslike sake noem wat die gemeenskap in die Suid-Skiereiland raak. Een so 'n saak het betrekking op Erf 10707. Die raad het besluit om nie die prosedure te volg nie en ingestem om die saak ooreenkomstig 'n voorlopige goedkeuring van die perseel te hanteer. Hierdie goedkeuring het myns insiens sy eie onrelmatighede ingehou en dit het natuurlik ook korrupsie deur sekere raadslede wat die besluit geneem het, behels. Party van hulle het 'n belang by hierdie besluit gehad en hulle het nie werklik die rels nagekom nie.

Die ander saak wat ek wil noem, het betrekking op Erf 17040. Hier is die aansoek om afwyking weer eens ontvang toe die gebou bykans voltooi is. Uit hierdie aansoek was dit duidelik dat dit gerig is om die onwettige bouwerk wat op die perseel opgerig is, te reguleer. Daar was ook geen inligting oor die bekendmaking van die aansoek nie. Wat het van die proses geword? Was daar enige besware? Wat was die reaksie van die gemeenskap? Dit is myns insiens iets slegs hierdie.

Hierdie neigings kom meer gereeld voor en hulle het 'n uitwerking en ondermyn ook die prosedures van ter plaatse inspeksies en skep probleme met die nakoming van regulasies. Ek dink die raad het nie rekening gehou met die ordonnansies wat bouwerk en grondontwikkeling reguleer nie.

Die agb lid mnr Ozinsky het na die kommissie van ondersoek verwys. Sekere sake is vir ondersoek onder die aandag van die kommissie gebring, byvoorbeeld bouwerk waarmee sonder toestemming voortgegaan word, asook ander bewerings, soos die moontlikheid van 'n sameswering tussen die aansoeker se argitek en sekere amptenare van die munisipaliteit. Daardie inligting is egter nie deur die amptenare verskaf nie, omdat hulle die kwessies verontagsaam het. Ek dink die Huis moet daarvan kennis neem.

Mnr die Speaker, hierdie kwessies is nooit opgelos nie, ten spyte van skriftelike ondernemings te dien effekte. Daar was 'n erkenning deur die HUB dat die inligting wat deur die belastingbetalers verstrek is, korrek was, en dat iets gedoen moet word. Al die aantygings is op skrif gestel, maar niks is eintlik gedoen nie. Hy het saamgestem dat die bouplanne en afwykingsaansoeke onafhanklik ondersoek moet word, maar hy het tot die gevolgtrekking gekom dat die inligting wat hy van die amptenare ontvang het, anders aangedui het.

Mnr die Speaker, hierdie saak moet verder ondersoek word. Daar moet 'n einde kom aan hierdie soort onbevoegdheid en korrupsie deur daardie raad. Ek pleit by die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning om in te gryp omdat, soos ons hier praat, die situasie steeds voortduur. Ons wil dus graag h dat die agb Minister sy politieke wil moet gebruik om die probleem in die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit op te los.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, as ek na die sprekerslys kyk, wil ek s dat daar iets ernstig in die Huis aan die gang is in die wyse waarop die Huis deur die Nuwe NP en die DP minderwaardig gemaak en afgradeer word. Meneer, u sal onthou dat dieselfde gebeure in die vorige sessie plaasgevind het deurdat die regerende party nie aan die debat deelgeneem het nie. As hulle die handdoek ingegooi het, moet hulle dit openlik s. [Tussenwerpsels.] Wat gebeur, is dat die kiesers die laksheid sal sien waarmee hierdie mense hul werk doen, want nie een van hulle neem deel aan enige ander werk van die Huis nie. [Tussenwerpsels.]

Daar bestaan by ons geen twyfel nie dat daar 'n paar ernstige probleme in die Nuwe NP-beheerde Suid-Skiereilandse Munisipaliteit is. As ons die koerante oopmaak, lees ons bykans elke dag daarvan. Die agb Premier is miskien korrek met wat hy ges het. Sy toespraak het my genoop om baie van my aantekeninge te verander. Miskien was hy reg toe hy ges het dat ons vandag met hom praat.

Meneer, die Hoofsweep was vroer korrek toe hy ges het dat u nie as die Speaker van daardie kant van die Huis beskou word nie, maar as die Speaker van die hele Huis. As ons 'n saak in die Huis debatteer, is dit nie 'n ANC-debat of 'n debat van die agb Premier nie; dit is 'n debat waaraan die hele Huis behoort deel te neem. [Tussenwerpsels.] Wat sake erger en meer teleurstellend maak, veral vir die agb Premier, is dat hierdie toedrag van sake in sy eie agterplaas bestaan, in sy eie kiesafdeling en sy eie dorp, Retreat, waarvoor hy s hy so lief is.

Kom ons neem die burgemeester as voorbeeld. Die burgemeester is 'n goeie heer, maar ons weet dat hy die agb Premier se buurman is. [Tussenwerpsels.] Wat dit nog erger maak, is die feit dat toe daar in die Nuwe NP tweespalt was oor die aanstelling van mnr Jacobs as die burgemeester, dit die agb Premier was wat ferm standpunt moes inneem om alles bymekaar te hou deur te s dat alles en elke pos in die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit sal bly soos dit is. Hy was baie betrokke by wat in daardie munisipaliteit gebeur het. Nou, weer eens, word hierdie Nuwe NP-beheerde raad deur korrupsie geteister. Die Nuwe NP, soos ons almal weet, het 'n korrupsiebarometer. Wat s hul barometer oor wat daar aan die gang is? Die Nuwe NP het ges - en Marthinus van Schalkwyk het dit oor en oor ges - dat hulle die korrupsiewaghond is. Hulle moet ook hul hond op daardie munisipaliteit loslaat.

Die Nuwe NP wys ongelukkig nou aan hul kiesers en die mense van die Suid-Skiereiland dat hulle nie een van die kleinste munisipaliteite in hierdie land doeltreffend kan regeer nie. Daarom versoek ek die agb Premier en die Nuwe NP om dit in die lig van hul geskiedenis nie toe te laat nie. Hulle kan nie toelaat dat die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit op hierdie trant voortgaan nie, want die groot toesmeerdery is gedoen onder die beheer van die Nuwe NP en nie van die ander politieke partye nie. Selfs die DP - en dit is waarom hulle vandag so stil is - en selfs hul provinsiale leier wat teen korrupsie stry en wat goed gedoen wil h, is vandag stil. En in daardie munisipaliteit het hulle hulself van die Nuwe NP-lede gedistansieer.

Ek wil weet wat die agb Premier beoog om omtrent daardie situasie te doen. Die media berig daagliks oor korrupsie. Hierdie week het ons in die koerante oor die korrupsie in die verkeersdienste gelees. Weet agb lede wat die Nuwe NP daaromtrent gedoen het? Die persoon wat in beheer van aanstellings in daardie raad is en wat een van die paar persone is wat toegang tot die Van Niekerk-verslag gehad het, het alle verantwoordelikheid ontken en ges dat alles in orde is. Hierdie voorsitter van die uitvoerende komitee word nou die verkeersbestuurder in die Suid-Skiereiland. [Tussenwerpsels.] En ek weet dit maak die agb Premier skaam. Dit moet hom skaam maak, want hy het met daardie munisipaliteit gewerk. [Tussenwerpsels.]

Laat my toe om te s dat hy, die nuut aangestelde verkeersbestuurder, aangestel is bo professionele, gekwalifiseerde verkeersbeamptes wat om die pos aansoek gedoen het. [Tussenwerpsels.] En daardie kant van die Huis vereenselwig hulself met sake soos dit.

Ons moet onsself afvra: watter speletjie speel die Nuwe NP met die belastingbetalers van daardie gebied? Dit is geen wonder dat die Nuwe NP bykans elke enkele tussenverkiesing in daardie gebied verloor het nie - en agb lede kan dit nagaan. Die kiesers is besig om die mense aan die ander kant van die Huis die rug toe te keer. 'n Mens hoef net te kyk na wat daar aan die gang is om te weet dat dit 'n verleentheid vir die Nuwe NP moet wees.

Kom ek haal 'n ander saak op. Agb lede weet wie die bouinspekteur is, maar as hulle sy naam wil h, kan ek dit aan hulle verstrek. Die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning weet ook wat sy naam is, want die belastingbetalersvereniging het aan hom 'n brief geskryf waarin hulle oor die korrupsie in daardie gebied gekla het. [Tussenwerpsels.] Selfs die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake weet presies wat daar aan die gang is. Vandag het hy besluit om stil te wees, selfs al was hy 'n lid van daardie kommissie. [Tussenwerpsels.]

Meneer, die bouinspekteur, wat 'n ogie moet hou oor mense se eiendomme ten opsigte van hoe en wanneer hulle bou, bou sy eie huis in Marina Da Gama sonder dat sy planne eers deur die plaaslike owerheid goedgekeur is. [Tussenwerpsels.] Nou toe, kom praat nou. [Tussenwerpsels.]

Kom ek noem nog 'n voorbeeld. Winkelsentrums - nie een winkelsentrum nie, meneer - word in die Suid-Skiereiland opgerig sonder dat enige bouplanne goedgekeur is. Maar dit is die mense wat 'n beroep doen om skoon administrasie! Om die waarheid te s, 'n ander winkelsentrum was tot op die eerste vloer gebou voordat hulle besef het dat hulle nie 'n plan het waarvolgens hulle kan bou nie. [Tussenwerpsels.] En dan wil hulle dit nog verdedig. Laat die kiesers weet. Hoe kan enigeen van hulle dit verdedig? Hoe kan die agb Premier toelaat dat dit gebeur terwyl die burgerlike organisasie reeds in Junie aan die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning geskryf het en hom ingelig het oor die onwettige boubedrywighede in daardie gebied? Wat het hy as Minister daaromtrent gedoen? [Tussenwerpsels.] Dit toesmeer? [Tyd verstreke.]

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ons het weer gesien hoe die agb lid mnr McKenzie met onwaarhede 'n vertoning lewer om die galery te probeer bendruk.

Mnr P C MCKENZIE: [Onhoorbaar.]

Die PREMIER: Die agb lid mnr McKenzie moet sit. Hy het sy kans gehad. Hy vergeet dat daardie munisipaliteit tot stand gekom het in die tydperk toe hy die verantwoordelike Minister was. [Tussenwerpsels.] Ewe skielik hoor ons vir die eerste maal dat daar onrelmatighede was. Waar was hy toe dit gebeur het? [Tussenwerpsels.] Nou deel hy die skuld uit. [Tussenwerpsels.] Dit was vir die agb lid gerieflik ...

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek dink dat die agb Premier besig is om die Huis te mislei, want hy het 'n komitee gekies om te kyk na die ... [Onhoorbaar.]

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid weet dat dit nie 'n punt van orde is daardie nie. Die agb Premier mag voortgaan.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek sou gedink het dat die agb lid mnr McKenzie na bykans 15 jaar in die politiek sou weet wat 'n punt van orde is, maar soos gewoonlik weet hy nie wat hier aan die gang is nie. [Tussenwerpsels.] Ek sou graag 'n beroep op hom wou doen: die aantygings ...

*Mnr P C MCKENZIE: Kom, verdedig nou.

*Die PREMIER: Ek verdedig nie die Suid-Skiereiland nie. Ek wil h dat die agb lede mnre McKenzie en Ozinsky dapper genoeg en mans genoeg moet wees om hierdie aantygings oor die bouinspekteur in die openbaar te maak. [Tussenwerpsels.] Ek wil egter nie te veel tyd aan die agb lid mnr McKenzie bestee nie, want ons ken hom al so lank. [Tussenwerpsels.] Ons weet dat hy die galery probeer bendruk, maar dit is alles le spogtery en hy weet dit. As ons oor moraliteit moet praat, sou ek hom eerder wou keer, want hy moet die laaste persoon wees wat daaroor praat.

AGB LEDE: Waarom? Waarom? S aan ons waarom.

Die PREMIER: Vra hom hoeveel keer ek dit aan hom ges het. Ek het ook in die pers ges dat hy 'n leuenaar is, en hy weet dit. [Tussenwerpsels.] Dit is waarom ek dit kan s.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb Premier moet daardie stelling terugtrek.

Die SPEAKER: Orde! Die agb Premier moet daardie stelling terugtrek.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek trek dit terug, maar ek sal dit ook buite in die openbaar s, en die agb lid weet waarom.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, kan u die agb Premier versoek om verskoning te vra en die stelling terug te trek?

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Premier het dit teruggetrek en toe voortgegaan met 'n ander stelling, en dit is toelaatbaar dat hy dit doen. Die agb Premier mag voortgaan.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, dit lyk asof ek hier die spyker op die kop slaan, want die agb lid mnr McKenzie het so op en af gespring dat 'n mens dit nie kan glo nie.

*Mnr P C MCKENZIE: Kom aan, verhoog die vlak van die debat. Wys aan ons dat u die Premier is.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, vandag het ons weer sensasionele beskuldigings van die ANC gehoor. Soos gewoonlik is daar baie ongegronde skimpe hier. Ek sal aan agb lede s waarom ek dit s. Beskuldigings word teen die Nuwe NP gemaak. Waarom moet hulle dit teen die Nuwe NP maak? Beheer ons die amptenare? Weet ons van die dinge wat hulle doen? [Tussenwerpsels.] Dit is nie soos hul munisipaliteite, waar hulle die mense aans wat om te doen nie. Ons ondersoek sake as iets verkeerd loop. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek kom nou by die sake wat deur die agb lid mnr Ozinsky opgehaal is. Op 2 Augustus 2000 het die ANC 'n baie liederlike verslag vrygestel, en ek wil uit die persverklaring destyds aanhaal. Dit lui, en ek haal aan:

	Max Ozinsky, ANC spokesperson on Environment and Development Planning, was to table a motion calling for the Premier to appoint a commission of inquiry to investigate serious allegations of corruption and mismanagement at the SPM.

	Clearly this issue has caused major embarrassment ... -

en so aan en so aan. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die ANC het nie hierdie saak genisieer nie. Dit is deur die Southern Civic Association genisieer. Hulle het aan my geskryf. [Tussenwerpsels.] Ek het toe 'n brief aan die agb Leier van die Opposisie geskryf en aan hom ges dat ek 'n taakspan wil aanstel. Sy antwoord aan my was, "Thanks for the invitation to serve on the Multi-Party Task Team ...". Dit was eers die Dinsdag daarna dat die agb lid mnr Ozinsky hierdie voorstel ter Tafel gel het. Daardie agb lede moet die rekord gaan naslaan. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die PREMIER: Mnr die Speaker, toe ek die versoek ontvang het, het ek die taakspan aangestel. Soos agb lede weet, sal 'n taakspan ons in hierdie stadium niks kos nie. Ek het hulle aanges om die wenslikheid vas te stel, sodat hulle my daaroor kon adviseer. Hierdie sake is alles in die rekords. Hulle kon my adviseer. Hulle het dit gedoen en aan my ges dat hulle verstaan dat daar 'n forensiese verslag is en gevra of ek dit vir hulle kon bekom. Ek het sedertdien probeer om dit te bekom, sodat ek dit aan die komitee kon gee.

In hierdie liederlike verslag van hulle s hulle dat ek goed probeer toesmeer. As dit die geval was, sou ek dit gedoen het? Ek sou nie, want ons staan by wat ons s. Ons het 'n korrupsiebarometer en ons sal daarby staan. As dit beteken dat wie ook al in die Suid-Skiereiland verantwoordelik is, hiervoor moet verantwoording doen, sal ons toesien dat dit gebeur. Ek is egter nie soos die Madunas van die wreld wat te veel praat en mense beskuldig, wat dan die Staat R6,5 miljoen kos, nie. [Tussenwerpsels.] Ek sal nie daardie pad volg nie. Ek sal seker maak van my feite. [Tussenwerpsels.]
Mnr die Speaker, wat ek het gedoen? [Tussenwerpsels.] Ek het met ons regslui gepraat, nie soos agb lede aan daardie kant van die Huis wat na die pers gaan en dan in groot moeilikheid kom nie. Ek pleeg eers oorleg met ons regslui.

Ek het die Van Niekerk-verslag behoorlik deurgegaan en ek is van mening, en is ook later so geadviseer, dat geen prima facie-getuienis bestaan om die aanstelling van 'n kommissie van ondersoek te regverdig nie. 'n Mens sou dink dat voordat ons sou begin om R0,5 miljoen op so 'n kommissie te bestee, ons ten minste 'n bietjie getuienis sou h om daaraan voor te l. As ons konkrete, prima facie-getuienis gehad het, sou ons daarvolgens opgetree het, maar in hierdie stadium het ons niks nie.

Mnr die Speaker, ek het dit egter nie daarby gelaat nie. Ek het probeer om 'n afskrif van die forensiese ouditverslag wat deur 'n firma ouditeure vir die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit opgestel is, te bekom. Dit is nie eintlik die soort optrede wat 'n mens sou verwag van 'n party wat na bewering probeer om 'n toesmeerveldtog te loods nie.

Ek kan die Huis verseker dat ek die nodige stappe sal doen en met die veelparty taakspan oorleg sal pleeg as ek die verslag ontvang. [Tussenwerpsels.] Ek sal die verslag aan hulle gee, want hulle is vir daardie doel in die lewe geroep. Ek sal egter ook regsadvies inwin voordat ek dit doen.

Indien die beste optrede is om 'n kommissie van ondersoek aan te stel kragtens die provinsiale Wet wat voorsiening daarvoor maak, dan sal ek nie huiwer om dit te doen nie. Ek dink dat hierdie Regering in sy geskiedenis tot dusver getoon het dat hy nie wegskram van sy grondwetlike plig om 'n kommissie van ondersoek aan te stel as die behoefte daaraan ontstaan en, die belangrikste, in gepaste omstandighede nie. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die PREMIER: Mnr die Speaker, ons sal dit weer doen as die omstandighede dit regverdig.

'n Mens kan nie bloot 'n kommissie van ondersoek aanstel sonder dat jy ten minste 'n vorm van prima facie-getuienis het nie. Kommissies van ondersoek kos geld, tyd en hulpbronne. Dit is nie iets volens nolens doen nie.

*Die MINISTER VAN BEHUISING: Nolens volens.

*Die PREMIER: Nolens volens, dankie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, soos ek nog altyd ges het, ek is bereid om deursigtig en rekenpligtig te wees. Wat het egter vandag hier gebeur? Dit is baie eenvoudig. Die ANC het hul re teen die muur en hulle sal met enige soort sinspeling probeer om mense persoonlik aan te val. Die feit dat ek vir 50 jaar in die Suid-Skiereiland gebly het, is goed en wel. Die feit dat burgemeester Jacobs, wat 'n eerbare man is, vir 30 jaar langs my woon, is goed en wel.

*Mnr P C MCKENZIE: Dit is jammer dat hy langs u gewoon het.

*Die PREMIER: Die agb lid mnr McKenzie kan s wat hy wil. Ek dink dat hy laag en verlaag is. Hy het so smerig geword soos die geselskap waarmee hy hom nou ophou. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek sal nie die belastingbetalers se geld in hierdie Provinsie onnodig bestee as ek dit nie hoef te doen nie. Ek sal vir die regsadvies wag. Daar is 'n paar stappe wat ek kan doen om die verslag te bekom, maar ek sal op die regte manier te werk gaan. As ek die verslag ontvang, sal dit natuurlik aan die kommissie gegee word. Agb lede moet nie aanvaar dat mnr Wiley nie deel van daardie kommissie is nie. Waarom? Dit is 'n politieke party taakspan. Ek het nie stappe ...

'n AGB LID: Is hy 'n lid van die Nuwe NP?

Die PREMIER: Daardie agb lid kan dit self uitvind.

'n AGB LID: Is hy 'n lid van die Nuwe NP?

Die PREMIER: Natuurlik is hy. Die taakspan wat met hierdie werk begin het, sal die mense wees wat hier betrokke is.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb Premier is besig om die Huis te mislei. Ek wil aanhaal uit 'n brief wat deur die sekretaris van die taakspan aan ons gegee is, wat lui:

	I have informed the Premier's Office about the vacancy on the committee caused by Mr Wiley's resignation from the Cabinet. You will be informed about the next meeting ...

*Die SPEAKER: Orde! Dit is nie 'n punt van orde nie. Die agb lid mnr Ozinsky kan nie 'n punt van orde misbruik om 'n toespraak te maak of iets aan te haal nie. As enige agb lid opstaan en s dat 'n ander agb lid besig is om die Huis te mislei en daar word op grond van getuienis bevind dat die beskuldiging verkeerdelik gemaak is, dan sal daardie agb lid in die moeilikheid wees. Agb lede moet baie versigtig wees as hulle sulke aantygings maak.

In elk geval, as die agb lid oortuig is daarvan dat dit die geval is, is dit nie die Stoel se werk om daaroor te beslis nie. Die agb lid moet 'n behoorlike ondersoek aanvra en dan kan 'n beslissing gemaak word en die saak hanteer word. Soos ek egter ges het, as die Huis 'n aangeleentheid ondersoek en 'n agb lid maak verkeerdelik 'n beskuldiging, dan verander sake. Ek moet alle agb lede in hierdie verband waarsku.

Wil die agb lid mnr Ozinsky my nog 'n maal oor die beslissing toespreek?

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag voorstel dat ons dan 'n ad hoc-komitee aanstel om hierdie aangeleentheid te ondersoek. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Agb lede moet ook van die volgende kennis neem. Ons kan nie tydens debatte voorstelle maak nie. Daar is 'n spesifieke tyd daarvoor. Die agb lid mnr Ozinsky sal bloot sy tyd moet afwag en as hy 'n voorstel wil maak, kan hy dit op die gepaste tyd doen. Die agb Premier mag voortgaan.
*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek het ook 'n afskrif van daardie brief. Die sekretaris van die komitee het aangeneem ... [Tussenwerpsels.] ... dat daar 'n vakature was omdat mnr Wiley uit die Parlement bedank het. Mnr Wiley is egter steeds 'n lid van die party, en dit is 'n politieke taakspan wat ek hier aangestel het.

Ek het op 10 Augustus 2000 aan die taakspan geskryf en hulle meegedeel dat daar stappe is wat ons kan doen ten einde die verslag te evalueer. Tot in hierdie stadium het ek nog geen antwoord van die taakspan ontvang nie. Ek neem dus aan dat die sekretaris die brief gedateer 10 Augustus 2000 aan hulle gegee het en dat hulle nie daarop geantwoord het nie. Ter wille van maklike verwysing kan ek aan agb lede 'n afskrif daarvan gee. [Tussenwerpsels.] Ek s dat die sekretaris aangeneem het dat mnr Wiley nie daar is nie. Mnr Wiley is egter steeds daar. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, hulle klein ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die PREMIER: Mnr die Speaker, hul sensasionalisme het vandag inderdaad in hul gesigte ontplof, ... [Tussenwerpsels.] ... omdat hulle gehoop het dat hulle die galery en die skares daar sou kon bendruk. Ek het opgetree op grond van wat die burgerlike organisasie van daardie gebied my versoek het om te doen. Ek sal die taakspan byeenroep en as ek die verslag ontvang, sal ek dit aan hulle gee nadat dit deur die regsproses gegaan het. As ek dit gedoen het en ek is dan tevrede dat daar 'n behoefte bestaan aan 'n ondersoek, sal ons dit doen. In hierdie stadium sal ons onsself egter nie daartoe verbind nie, maar ons reg van keuse voorbehou.

Debat afgesluit.

VERVANGING VAN MINISTER VAN FINANSIES EN
ONTWIKKELINGSBEPLANNING AS
DIREKTEUR VAN CONVENCO

(Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel voor:

	Dat die Huis, terwyl hy kennis neem daarvan dat -

(1) ingevolge artikel 136(2)(b) van die nasionale Grondwet, mag "... Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie ... nie ... optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van 'n botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie ...";

(2) die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning 'n direkteur en aandeelhouer van 'n aantal hotelle en restaurante is en huidig 'n Direkteur in die Raad van die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum Maatskappy is, wat ook die opdrag het om 'n hotel te ontwikkel; en

(3) die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning hom op geen stadium van gesprekke in verband met di hotelprojek onttrek het nie;
derhalwe 'n beroep doen dat die Minister as die Provinsie se verteenwoordiger as direkteur in die Raad van Convenco vervang sal word.

Mnr die Speaker, in die lig van die agb Premier se vertoning in hierdie debat is dit baie duidelik dat ons inderdaad nie enigiets anders as sy aanstelling van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme in die raad van Convenco kon verwag nie. Waaroor hierdie debat wesenlik gaan, is ons verantwoordelikheid om goeie regering te bevorder, en in hierdie nuwe Suid-Afrika gaan goeie regering, ter wille van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme, oor rekenpligtigheid, deursigtigheid en skoon regering. [Tussenwerpsels.] Hierdie voorstel is op die Ordelys geplaas omdat dit ons standpunt is dat goeie regering potensieel onder verdenking geplaas word deur die deelname van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme aan die raad van Convenco.

Mnr die Speaker, waarom s ek dit? Ek wil graag die agtergrond van hierdie standpunt wat ons as die ANC aanvoer, uitspel. Die agb Minister verteenwoordig die Provinsiale Regering in die raad van Convenco. Hy is daar in sy hoedanigheid as 'n Lid van die Uitvoerende Raad, wat die Provinsiale Regering verteenwoordig. As 'n Lid van die Uitvoerende Raad is die agb Minister onderworpe aan die Grondwet, die hoogste wetgewing in die land, en is hy onderworpe aan die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag, soos in 1998 uitgevaardig.

Dit is die regsgrense waarbinne ons ons beskuldigings teen die agb Minister grondves. Ons s dat ons kragtens hierdie Grondwet die agb Minister se deelname aan daardie raad bevraagteken, aangesien artikel 136(2)(b) van die Grondwet dit baie duidelik maak dat 'n LUR nie - en hierdie woorde is daar ter wille van die agb Minister se eie belang en duidelikheid - en ek haal aan:

... optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van 'n botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie; ...

Die toepaslike woord hier is "blootstel". [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid moet die Grondwet lees. Artikel 136(2)(c) gaan voort deur te s dat 'n mens nie jou posisie of enige inligting wat aan jou toevertrou word, mag gebruik om jouself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie.

Mnr die Speaker, die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag is baie duidelik in sy omskrywing van "enige ander persoon" en dit sou gesinslede insluit. "Lid", soos deur daardie spesifieke Wet omskryf, beteken ouer, eggenoot, metgesel of afhanklike kind. Aangesien dit die nuus gehaal het, is ek seker dat baie mense vertroud is met die agtergrond. Ek sal daarom nie op die agtergrond ingaan nie. Ek wil eerder graag die daaropvolgende optrede, toe ons as die ANC die nuus bekend gemaak het, wou hanteer.

Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme ontken in 'n radio-onderhoud dat hy private belange in enige onderneming van enige aard in die hotel- en toeristebedryf het, maar hy gaan voort deur te erken dat al sy sakebelange inderdaad nou in 'n familietrust geplaas is. Dit is eenvoudig genoeg - al sy belange is nou in 'n familietrust. [Tussenwerpsels.] Kragtens sowel die Grondwet as die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag sou familietrusts definitief binne die bestek van "enige ander persoon" en "enige ander belange" val. Dit is vir ons baie duidelik. Natuurlik sien die agb Minister nie enigiets verkeerd hiermee nie, want vir hom is dit die gewone gang van sake. [Tussenwerpsels.] Hy en 'n aantal soortgelyke blanke sakemanne in hierdie provinsie het nog altyd hierdie benadering gehad ten opsigte van hoe ons sake in hierdie provinsie bedryf. Dit was nog altyd so, en dit beteken bloot dat daar lustig op dieselfde trant aangegaan word.

Ons het egter 'n probleem, want hy is nou 'n Minister en hy is rekenpligtig teenoor die belastingbetaler daar buite. Ons is derhalwe verplig om hom rekenpligtig te hou. [Tussenwerpsels.] Hy het toe voortgegaan en die raad van Convenco het 'n regsmening ingewin. Reg, goed en wel, ons is bly dat ons ten minste die Convenco-raad so ver kry om na hul regsvereistes te kyk. Wat kom hulle agter? Hulle kyk daarna ingevolge die Maatskappywet.

Ons ken die Maatskappywet en dit is waarom die ANC nooit die privaatsektorbelange in die raad opgehaal het nie. Ons het slegs die belange van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme opgehaal, want ons hou hom rekenpligtig. Die agb Minister het natuurlik self die inisiatief geneem en die privaatsektorbelange oor die radio aan die lig gebring, maar dit is sy saak.

Die Maatskappywet is nie die toepaslike wetgewing wanneer dit by die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme kom nie. Sy eie regsverteenwoordigers in Convenco het aangedui dat hulle nie 'n mening kan uitspreek oor die grondwetlikheid van die saak nie. Hulle het die slotsom, wat op die baie eng omskrewe Maatskappywet gegrond is, bevestig dat die agb Minister nie 'n botsing van belange het nie. Dit is egter heeltemal te eng. Die Grondwet sprei die net wyer ...

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: [Onhoorbaar.] Is dit te eng vir u?

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ons s dat die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme hom moet neerl by die nasionale Grondwet.

Die Maatskappywet het betrekking op sy deelname as 'n raadslid, en as hy nie 'n lid van die Kabinet was nie, sou ons dit daar kon laat. Hy is egter 'n lid van die Kabinet. Hy verteenwoordig die Provinsiale Regering in daardie raad. Daarom moet hy hom by hierdie wetgewing en die gedragskode vir ampsbeklers neerl, en hulle is albei baie duidelik hieromtrent.

Mnr die Speaker, die agb Minister het 'n bedigde verklaring opgestel, dit na die raad geneem en dit, volgens hom, eenparig laat goedkeur. Baie opportunisties, want mnr Mowzer was in daardie stadium nie teenwoordig by die raadsvergadering nie. Hy sou beslis beswaar gemaak het, maar dit was, sonder bespreking, ...

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mowzer was laat, soos gewoonlik.

*Me T ESSOP: Dit is nie ter sake nie. Sy verklaring is eenparig aanvaar, sonder bespreking - volgens die agb Minister se persverklaring het die raad nie die aangeleentheid bespreek nie. Dit is ongelooflik! [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, of dit waar is of nie, dit is vir my onaanvaarbaar dat 'n raad, sonder om die verklaring te bespreek, dit net eenparig kon aanvaar.

Waarom het dit gebeur? Dit is omdat die raad gepak is met die vriende van die agb Minister! Van die V & A Waterkant is daar mnr Jack; Otto Stellig van die Protea Hotel-groep; en mnr Brian McDonald, wat belange het in die konvensiebedryf, volgens die agb Minister op Cape Talk 567 Talk Radio. Dit is die mense wat in die raad sit. Hulle sou sekerlik nie beswaar maak teen sy wonderlike bedigde verklaring wat nie sy familietrustbelange uitspel nie.

Waarom het hy nie in sy verklaring, soos hy op Cape Talk Radio ges het, sy familietrustbelange verklaar nie? Mnr die Speaker, ons wag vir die Openbare Beskermer om hierdie aangeleentheid te ondersoek.

Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: [Onhoorbaar.]

Me T ESSOP: Ons is baie bly dat hy hiermee saamgestem het. Ons is bly dat hy bereid is om dit te doen. Ons glo dat die Openbare Beskermer, kragtens die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag, Wet 82 van 1998, verplig is om dit te ondersoek, want daar is 'n klagte op die tafel. Hulle sal binne ongeveer 60 dae 'n verslag oor die aangeleentheid moet voortbring. Boonop gaan ons die Openbare Beskermer definitief daarmee help.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Dankie. [Onhoorbaar.]

*Me T ESSOP: Dit is 'n plesier.

Mnr die Speaker, ek kan nie verstaan waarom die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme so vasbeslote is om in daardie raad aan te bly nie. Oor die radio het hy ges dat dit is omdat dit sy droom is en omdat dit vir 12 jaar al sy droom is. [Tussenwerpsels.] Waarom is hy so uiters vasbeslote om in die Convenco-raad te dien? Dit sou sekerlik in sy eie belang en tot sy eie voordeel wees, asook die belange van hierdie Huis en die Regering, dat die geloofwaardigheid en integriteit van die proses van die ontwikkeling van 'n konvensiesentrum nie bevraagteken moet word nie.

Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: [Onhoorbaar.]

Me T ESSOP: Op hierdie oomblik is sy deelname aan die raad ...

*Die SPEAKER: Orde! Nee! Die agb Minister sal by 'n later geleentheid praat.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Meneer, ek vra om verskoning.

*Die SPEAKER: Die Stoel vermoed dat hy later in hierdie debat dieselfde beslissing sal moet gee, dus het ek ten minste nou probeer om onpartydig te wees.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek belowe om myself te gedra! Ek sal dit vooruitloop en s dat ek myself sal gedra! Ek sal nou alles s wat ek wil s. [Gelag.]

Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme se aandrang daarop om in die raad aan te bly, laat rooi ligte by my flikker, want as hy so besorg was oor hierdie ontwikkeling, sou hy wou h dat dit bo alle twyfel geloofwaardig moet wees, en dat daar integriteit in die proses moet wees. Dit word nou bevraagteken vanwe sy aandrang daarop om daar te wees en omdat hy nie toegee dat daar 'n potensile risiko is omdat sy familietrust die Victoria & Albert Hotel in die Waterkant besit en belange in die Waterkant het in verskeie restaurante en dies meer nie.

Ons moet natuurlik 'n bietjie rondvroetel om dit alles te begryp. Laat my toe om te s, mnr die Speaker, dat die mooi curriculum vitae van die agb Minister en sy belange vandag, toe ek inligting van die Convenco webtuiste bekom het, skielik van die webtuiste verdwyn het! Ek is verstom. Dit is nie meer daar nie. Dit is laas opgedateer op 5 September 2000, nadat die agb Minister sy belange in die Convenco-raad verklaar het. Sy belange het heeltemal van die webblad verdwyn!

Mnr die Speaker, daar is sekerlik die potensiaal dat 'n mens jouself aan die risiko van botsing blootstel. Sy gesin sal beslis bevoordeel word uit die ontwikkelinge wat plaasvind. Hulle het dalk nie direkte finansile belange in sy eng beskouing nie. Hy het self dalk nie direkte finansile belange nie, maar daar is juis in die konseptualisering van die hotelprojek byvoordele, asook in die kanaalprojek wat hy nou skielik tegnies van die konvensiesentrum losgemaak het, maar wat blykbaar by die punt van die konvensiesentrum begin en by die Victoria & Albert Hotel eindig - en dit gaan nie tot voordeel van die gesin en sy familietrust wees nie?

Ons kan soveel praat soos ons wil, en hy kan soveel bedigde verklarings afl as wat hy wil, maar die opvatting in hierdie provinsie is dat daar vir baie jare 'n oudstrydersnetwerk was, selfs terwyl hy in die Stadsraad was, wat vinnig gevorder het met hul eie ekonomiese bemagtiging, en die meerderheid van swartmense uit hul bemagtigingskring weggelaat het, en hulle gaan voort om soos gewoonweg sake te doen. Sy raad bestaan uit 'n klomp - laat ek dan die rassis wees wat ek blykbaar is - blanke mans.

Ons hou die swart bemagtigingskomponent van daardie ontwikkeling met 'n vergrootglas dop, want tot dusver dink ek nie dat dit die vereiste standaard in swart bemagtiging gehaal het nie. Ons sal dit dophou. Die KPMGs van die wreld is as beoordelaars gebruik. Al die klein weggesteekte ontwikkelingsbeplanners en dies meer is klaarblyklik blank. Die "gewone gang van sake" van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme sal dopgehou word. Sy belange sal verklaar moet word.

Ons wil weet wanneer hy inderdaad sy sakebelange aan 'n familietrust oorhandig het. Gee aan ons die tye, die datums. S aan ons wanneer dit alles gebeur het. Wanneer het sy familie bygekom? Wat is sy familietrustbelange? Hy het dit sekerlik nie aan die Convenco-raad verklaar nie en ek dink dat dit uiters relevant is dat hy in sy verklaring van belange so 'n belangrike stuk inligting weggelaat het, dit net weggelaat het. Sal hy asseblief aanvaar dat ons ernstige vrae oor hierdie aangeleentheid het? Ons is hoogs agterdogtig oor sy deelname in daardie raad en sy aandrang daarop om daarin te bly.
Ons doen 'n beroep op die agb Premier om in die belang van goeie regering op te tree. [Tussenwerpsels.] Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid is 'n regsgeleerde. Mnr die Speaker, laat my toe om een punt te maak. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid is 'n regsgeleerde, maar hy het nie een keer gedink dat die Maatskappywet op Convenco van toepassing was en dat 'n verklaring van belange reg aan die begin gemaak moes word toe hulle 'n maatskappy geword het nie. Ewe skielik maak al daardie raadslede nou, vanwe ons aandrang, ...

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: [Onhoorbaar.]

Me T ESSOP: Ek hoop die agb Minister doen dit, want as 'n regsgeleerde moes hy geweet het dat die Maatskappywet op al die raadslede van toepassing was, en toe ons die kwessie van botsende belange opgehaal het, het hulle skielik 'n regsmening ingewin en nou weet ons skielik wat die Maatskappywet bepaal. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid is 'n regsgeleerde, en ek trek sy regsvermo ernstig in twyfel. [Gelag.]

Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme kan oor dit alles lag, hy kan al die bravade in die wreld vertoon, maar ons wil h dat hy in toom gehou moet word. Die agb Premier moet hom verwyder. Hy moet van die raad van Convenco verwyder word in die belang van hierdie provinsie, van goeie regering en van die toekomstige ontwikkeling van die Kaapstadse Konvensiesentrum. [Tussenwerpsels.] Dit is nie die droom van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme nie. Dit gaan die provinsie se droom wees en hulle sal almal moet voordeel trek, nie net die agb Minister en sy klein familietrust nie.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme het ges dat die Kaapstadse Stadsraad nie op grond van 'n gewaande of direkte botsing van belange beswaar gemaak het daarteen dat hy 'n lid van Convenco is nie. Hy het dit in 'n openbare verklaring ges.

Dit is 'n ANC-beheerde stadsraad, soos ons weet. Om die waarheid te s, hulle het beswaar gemaak en ons het die notules wat aantoon dat hulle wel beswaar gemaak het. Daardie vergadering het op 10 April 2000 plaasgevind en boonop het die agb Minister voorgesit tydens die vergadering waar die beswaar gemaak is. Het die agb Minister dit vergeet? Indien wel, behoort hy die Huis om verskoning te vra - soos hy voorheen oor nie-verwante aangeleenthede gedoen het - die saak in die reine bring en die nodige stappe doen om te verseker dat die botsing van belange nie inderdaad plaasvind nie.

Nog belangriker, ek dink nie hy het vergeet nie. Hy het doelbewus 'n wanvoorstelling van homself teenoor die publiek gemaak en oor hierdie saak staan hy baie ver van die waarheid af. Was dit bloot om te insinueer dat die ANC kleinlike politiekery bedryf het deur persoonlike aanvalle te loods en so meer? As dit die beweegrede van die agb Minister was om die publiek te mislei, moet hy dit s en erken dat dit inderdaad hy was wat gemotiveer is deur 'n begeerte om kleinlike politiek te bedryf en persoonlikhede aan te val, met inbegrip van die agb lid me Essop.

Die ANC se standpunt is baie duidelik. 'n Openbare opvatting van 'n botsing van belange sou besweer kon word deur 'n verklaring van belange deur al die direkteure van Convenco, wat die begunstigdes insluit van enige trusts wat finansile belange kan h in enige onderneming wat direk of indirek by die besluite van Convenco kon baat. Dit is natuurlik onnodig om te s dat belange in die hotelbedryf in gebiede aangrensend aan die konvensiesentrum sodanige botsing uitmaak.

Hierdie belange, soos die agb lid me Essop ges het, is nie verklaar nie. Die vertrouensplig kragtens die Maatskappywet en die King-kommissie beveel dit ten sterkste vir direkteure aan. Belangriker nog, dit word vereis deur die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag, insluitend vir familietrusts. Dit word nou eers gedoen - dit is verlede Vrydag gedoen.

Die agb Minister se eie persverklaring s dat dit nie by die Convenco-vergadering bespreek is nie, maar eenparig sonder bespreking aanvaar is. Hy s dat raadslid Mowzer laat was. Raadslid Mowzer was, om die waarheid te s, drie minute laat en in daardie tydjie is dit aanvaar, maar nie bespreek nie.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit toelaatbaar dat die agb Minister hekel deur twee maal in hierdie debat te s, "Dit was 'n leuen!"?

*Die SPEAKER: Orde! Dit is toelaatbaar, omdat hy ges het, "Dit is 'n leuen!" Hy het nie ges dat die agb lid besig was om 'n leuen te vertel nie. Die agb lid mnr Strachan mag voortgaan.

*Mnr G R STRACHAN: Meneer, dit word nou eers gedoen, wat die vraag laat ontstaan: is daar belangriker oorwegings? Is daar meer as 'n gevaar van 'n openbare opvatting van 'n botsing van belange? Is daar inderdaad 'n direkte botsing van belange? Is dit die rede waarom geen verklarings by Convenco gemaak is nie? Is dit waarom die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme die publiek mislei het deur te s dat die Kaapstadse Stadsraad nie die saak opgehaal het nie? Of is dit 'n geval, wat endemies is aan die denke en ideologie van die DP en Nuwe NP, dat waar botsings van belange voorkom en maatrels ingestel word om te verseker dat korrupsie nie op enige wyse plaasvind nie, dit net die moeite werd is om daarvan kennis te neem en dit op te haal wanneer dit op 'n ANC-regering van toepassing is of wanneer dit nie van toepassing is op strukture en prosesse waar die sogenaamde swart elite nie bevoordeel word nie?

Die agb Minister van Maatskaplike Dienste dink dat swartmense almal oornag ryk kan word en daarom is hy sterk gekant daarteen dat party swartmense deur magtiging ryk word. Met ander woorde, blankes moet mag en voorregte en rykdom behou totdat alle swartmense ryk kan wees. [Tussenwerpsels.] Tot dan moet hulle in die krotbuurte bly. Convenco is 'n blanke oudstrydersklub wat na blanke mag en voorregte omsien, en hoe gouer hierdie Huis en die agb Minister dit besef, hoe gouer sal ons die kwessies van transformasie in die Huis hanteer en die vraagstukke van etiek en moraliteit eenkant laat. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, baie dankie vir die geleentheid om te praat. Dit het tyd geword dat die skinderpraatjies oor hierdie aangeleentheid wat deur die ANC rondgestrooi is, en wat na my mening totaal ongegronde aantygings is, onthul word vir wat dit is.

Ek het die voorstel van die agb lid me Essop baie noukeurig gelees. Ek het ook mediaberigte oor die aangeleentheid gelees en dit kom op die volgende neer: ten eerste, 'n aantyging dat daar 'n botsing van belange is; ten tweede, 'n aanhaling uit die Grondwet, artikel 136; en, ten derde, 'n verwysing vandag in die debat na die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag, Wet 82 van 1998. Wat die agb lid nie gedoen het nie, was om aan te haal, soos ek binnekort sal doen, uit die konsep-Executive Ethics Code, wat deur die nasionale Minister van Onderwys opgestel is, om daardie Wet in werking te stel. Dan is daar 'n aantyging dat die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme 'n direkteur en aandeelhouer in verskeie hotelle en restaurante is, wat feitelik nie korrek is nie. [Tussenwerpsels.] Daar is ook 'n aantyging wat, merkwaardig, korrek is. In geen stadium het die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme homself onttrek nie. Dit is heeltemal korrek. Die enigste ander punt wat gemaak is, is dat daar 'n botsing van belange is omdat hy hotelle besit wat in die nabyheid is.

Kom ons kyk ten eerste wat 'n botsing van belange is. Daar is twee aspekte wat hier van toepassing is. Die een is sy rol as 'n lid van die Kabinet, wat heeltemal korrek is, en, soos dit in par 2.3(f) bepaal, mag hy nie "expose (himself) to any situation involving the risk of a conflict" nie. Daar word deur die konsep-Executive Ethics Code uitgebrei op die Wet. Kom ek lees wat die konsep-kode inderdaad onder meer s. Ek haal aan uit par 3.1:

A member must declare any personal or private financial or business interest that the member may have in a matter -

(a) that is before the Cabinet or an Executive Council; ... or

(c)  or in relation to which the member is required to take a decision ...

Dit gaan onder meer verder, en ek wil par 3.3 van die gedragskode aanhaal:

If a member is required to adjudicate upon or decide a matter in which the member ... -

En "the member" verwys na sowel die nasionale as provinsiale Kabinetslede -

... has a personal or a private financial or business interest the member must declare that interest to the President or the Premier, as the case may be, and seek the permission of the President or the Premier to adjudicate or decide upon the matter.

Mnr die Speaker, dit is die kern daarvan. Die Maatskappywet is nie veel anders nie. Laat my toe om uit die regsmening voor te lees, en ek haal aan:

We can find no authority ... -

let hierop -

We can find no authority which supports the view that a director should not accept an appointment or be disqualified from holding that office because a possible conflict of interest may arise in the future. If that were the case there would be very few candidates for directorships, as we can confidently say that most directors inevitably will face a conflict of interest at some stage of their career particularly in the case of non-executive directors.
*Mnr C M DUGMORE: Moet nie terugkyk nie, Hennie. Dit is geskiedenis. Moet nie ... [Onhoorbaar.] [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Dit is dieselfde. Dit is presies dieselfde. Om die waarheid te s, meneer, die konsep-gedragskode gaan selfs verder as dit en s dat 'n mens kan voortgaan om teenwoordig te wees by die bespreking; 'n mens moet bloot die belang verklaar. Dit is juis die punt.

In hierdie spesifieke geval is die aantyging dat daar 'n bespreking oor hotelle was. Daar was een, maar die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme was nie in daardie stadium daar nie; hy kon nie daaraan deelneem nie. Laat my toe om dit aan agb lede te s. Elke enkele persoon wat 'n toerisme-onderneming bedryf, hetsy as operateur, 'n vervoeroperateur of 'n restaurant, in hierdie hele provinsie - in hierdie hele provinsie ...

*Me T ESSOP: [Onhoorbaar.] ... Kabinet.

*Die MINISTER: Ek praat nou. [Tussenwerpsels.] Elke enkele persoon het 'n belang daarby om te ervaar dat hierdie konvensiesentrum suksesvol is, want die hele toeristebedryf in hierdie provinsie sal voordeel trek uit die konvensiesentrum. Ek het 'n belang. Elke enkele lid van hierdie Huis het 'n belang. [Tussenwerpsels.] Wat die wet bepaal ... [Tussenwerpsels.] ... oor die botsing van belange, wat oor dekades ontwikkel is, is dat daar van die betrokke individu verlang word om daardie belang te verklaar wanneer die aangeleentheid opgehaal word.

*Mnr L RAMATLAKANE: Waarom is dit nie verklaar nie?

*Die MINISTER: Daar is twee vlakke. Nie slegs het die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme sy finansile belange, sy aandeelhoudings en waar hy daardie direkteurskappe gehou het verklaar nie - hy het nou bedank, en hy is 'n direkteur van een, wat hy ook teenoor die raad en die Premier onthul het - maar hy het dit alles aan die Premier bekendgemaak. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Wanneer?

*Die MINISTER: Die agb lid kan daardie vraag aan hom stel, maar tydens enige ... [Onhoorbaar.] ... tydperk was hy nie nou nie.

Mnr die Speaker, hy het dit verklaar. Dit is oorweeg. Daar is besluit dat dit nie 'n botsing van belange uitgemaak het nie en dat hy kon voortgaan. [Tussenwerpsels.] Ingevolge die wet - nie slegs die wet van die Maatskappywet nie maar die Grondwet, nie net die Grondwet nie, maar die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag, en nie net die Wet nie, maar ook die konsep-Executive Ethics Code wat die ANC-regering self opgestel het - is daar geen botsing van belange nie.

Wat het ons dus? Ons het eintlik 'n poging deur die ANC om 'n projek wat kernbelangrik in die ekonomiese belang van die stad is te neem en dit te verpolitiseer.

Ons het deurgaans saamgewerk. As Minister van Toerisme het ek daardie maatskappy meer as 12 maande gelede gestig. Ons het dit gestig. Ons het die Stadsraad so ver gekry om saam te werk. Ons het die KMR gekry om saam te werk. Die Regering het deel geword daarvan. En weet agb lede wat? Die besluit oor waar daardie konvensiesentrum gele moet wees, waarna die agb lid mnr Strachan pas verwys het, is drie jaar voor dit geneem. Dit was drie jaar voor dit. Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme was in daardie stadium nie eens 'n lid van hierdie Provinsiale Regering nie. [Tussenwerpsels.] Waar is die gegronde aantygings? [Tussenwerpsels.] Daar is hoegenaamd niks nie.

Om die waarheid te s, wat hieragter skuil, is dat dit 'n strategiese besluit is hierdie deur daardie party dat hulle die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme as die voorsitter wou verwyder, sodat hulle dit kon beheer, politieke munt uit die projek kon slaan en dies meer. [Tussenwerpsels.]

AGB LEDE: Nee!

Die MINISTER: Dit is wat agter dit alles skuil. Hulle het nie die moeite gedoen om die feitelike of die geregtelike getuienis te ondersoek nie.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil graag weet of die agb Minister bereid sou wees om 'n vraag te beantwoord.

*Die MINISTER: Nee, mnr die Speaker. [Tussenwerpsels.]

Die feit is, meneer, dat dit 'n enorme projek is hierdie. Dit is 'n baie moeilike projek om te administreer, en 'n mens het mense met bekwaamheid nodig om dit te doen. [Tussenwerpsels.] Ek is trots, ek is uiters trots daarop dat ons iemand daar het wat projekte soos hierdie een verstaan. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: Ek is trots daarop dat vooraanstaande mense in die privaatsektor betrokke was, mense wat konvensies verstaan. Agb lede moet deur die wreld reis en sien hoe baie konvensiesentrums daar is wat finansieel misluk het. Hulle is mense met ervaring wat bereid is om hul tyd hieraan te bestee. [Tussenwerpsels.] Hulle is mense wat die toeristebedryf verstaan en bereid is om daar te wees. [Tussenwerpsels.]

Laat my toe om aan agb lede te s dat ek nie omgee wat die kleur van die mense in daardie raad is nie, solank hulle kan verseker dat ons 'n geslaagde konvensiesentrum het. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Meneer, laat my toe om slegs een ding aan die ANC te s. [Tussenwerpsels.] Hulle kan aangaan oor rassisme, maar daar buite op grondvlak gee die mense van alle gemeenskappe eintlik nie om vir die beskuldigings nie. Wat hulle wil h, is lewering. Daar is mense in alle gemeenskappe in hierdie provinsie en in hierdie land wat oor die vermo beskik om te lewer. Meneer, van hierdie kant van die Huis sal ons sekerlik te alle tye die integriteit van die konvensiesentrum beskerm. [Tyd verstreke.]

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, verlede week het die koerante berig oor 'n paar bandopnames deur mnr Hayman, 'n DP-lid van Tokai. Een van die sake wat hy op die bande noem, is dat hy 'n baie slim hond het wat slegs vir swartmense blaf, nie vir blankes nie. Dit is die soort waghond waarmee ons hier te doen het. Dit is 'n waghond wat alle swart korrupsie sien as iets wat uiteindelik uitbuitbaar is, en as dit kom by 'n aantyging of selfs 'n suspisie dat 'n soortgelyke korrupsie aan die ander kant geskied, is daar 'n geweldige verdediging van die soort en aard wat ons nou van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid gesien het.

Die agb Minister lees, vir sy eie gerief, slegs sekere dele uit die dokument van die nasionale Minister van Onderwys, en laat par 3.5 uit, wat bepaal, en ek haal aan:

For the purposes of the paragraphs 3.1, 3.2, 3.3 and 3.4 ... -

waarna die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid verwys het -

... the personal or private financial or business interest of a member includes any financial or business interest which, to the member's knowledge, the member's spouse, permanent companion or family member has.

Nie een hiervan is verklaar nie. [Tussenwerpsels.]

Wat ons in 'n vroere debat ten opsigte van aantygings van ondoeltreffendheid, wanbestuur en korrupsie teen die Suid-Skiereilandse Munisipaliteit gesien het, was dat die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake in die taakspan gedien het en dat die DP heeltemal stom was. In hierdie debat het die DP na vore getree ter verdediging van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme. Dit is hul reg om hul alliansievennoot te verdedig. Dit is hul reg om dit te doen, maar ek dink dat ons begin om te sien hoe die onderrok van inkonsekwentheid uitsteek. Skielik het die DP, wat 'n paar maande gelede daarop kon aanspraak maak dat hy die korrupsiewaghond was, 'n waghond geword wat eers moet kyk na wat sy alliansievennoot doen voordat hy iets kan s en daar is niks van die skrilbeginsel waaraan ons gewoond geraak het nie. Wat ons nou moet hanteer, is 'n situasie waarin daardie inkonsekwensie begin om die DP te diskwalifiseer uit enige poging om korrupsie in hierdie land bloot te l.

Ons het nie eens beweer dat daar korrupsie deur die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme was nie. Ons het hier gevra vir goeie regering. Ons het gevra dat die Grondwet toegepas moet word. Ons het gevra dat die Executive Ethics Code, waaruit die agb Minister voorgelees het, toegepas word. Ons het gevra dat die agb Minister, in die belang van 'n goeie konvensiesentrum, verwyder moet word en vervang moet word, maar nie deur ons nie. Ons het nie gevra vir daardie pos nie. Ons het ges dat die pos gegee moet word aan enige ander persoon wat nie dieselfde soort belange het nie. Dit moet aan enige ander persoon gegee word, sodat wanneer ons hotelle bespreek, die res van ons nie bekommerd raak daaroor nie. Ek dink nie dat die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning 'n hotel in die Waterkant het nie. As dit iemand soos hy was, sou ons nie daaroor bekommerd hoef te gewees het nie. Het die agb Minister een? [Tussenwerpsels.] Nee, hy het nie.

Mnr die Speaker, die punt is dit. Wat ons agterdogtig maak, is die feit dat ons die debat aangevra het, en die debat was uitgestel. Toe hulle nie die debat kon kanselleer nie, het hulle probeer om so min moontlik sprekers te gebruik. Hulle laat nie eens enige van hulle LPPs die vryheid toe om in hierdie debat te praat nie. Hulle beheer dit met slegs die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid. Dit maak ons agterdogtig.

Wat ons nog meer agterdogtig maak, is die feit dat die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme eers ges het, "Ek het geen belange nie." Toe is hy gedruk en gedruk en gedruk en 'n dag later s hy, "O, ja, my gesin het belange. Ek het dit aan hulle oorgeteken." Ek kan nie die agb Minister 'n leuenaar noem nie, maar ingevolge u beslissing vroer, mnr die Speaker, kan ek s dat dit 'n leuen is.

Die agb Minister gaan selfs verder. Hy s dat hy sy belange verklaar het, en hy hou hierdie verwarring aan die gang oor die feit dat hy sy belange verklaar het. Dan kom ons agter dat hy dit privaat gedoen het, waarskynlik oor 'n drankie met die agb Premier. Die punt is, hoe kan 'n mens 'n indruk skep dat jy jou belange in Convenco verklaar het en wanneer jy dan gedruk word, s dat dit teenoor die agb Premier gedoen is?

Dit is die sake hierdie wat agterdog en vrae by ons laat ontstaan. Ek wil 'n paar direkte vrae aan die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme rig.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Stadig, ek wil dit neerskryf.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Nee, die agb Minister hoef nie. Hy het 'n profetiese haarstyl. Sy hare staan orent, reeds voor hierdie debat. Ek weet nie of dit 'n natuurlike liggaamsfunksie is wat gebeur wanneer hy onder stres verkeer en of hy dit inderdaad vandag so gekam het nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: U staan eintlik op die randjie. U moet nie afval nie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Nee, dit is in orde, moet nie bekommerd wees nie.

*Die PREMIER: U is baie persoonlik.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Is die agb Premier terug? Ek bedank hom dat hy die Huis met sy teenwoordigheid tydens hierdie bespreking kom vereer het.

My vrae is soos volg: het Convenco die gradering van hotelle as deel van hul funksie bespreek? Was die agb Minister deel van daardie besluit of het hy homself daaraan onttrek? As hy deel van die besluit was, het hy gevra dat 'n driester- of vyfsterhotel met die konvensiesentrum saamgaan? As hy vir 'n driesterhotel gevra of gestem het, waarom het hy dit gedoen? Afgesien van die deftige redes, as deel van die hele aangeleentheid, het hy vir 'n driesterhotel gevra ten einde sy eie vyfsterhotelle te beskerm? [Tussenwerpsels.] Dit is pertinente vraagstukke wat ons na my mening behoort te hanteer.

Ek wil ook s dat die kwessie is dat ons as die Wes-Kaapse Regering moet verseker dat daardie konvensiesentrum een is wat heeltemal onberispelik is. Ons moet aan die agb Premier s dat dit 'n klein opoffering is. Net omdat die man s dat dit sy droom is, beteken nie dat hy sy droom op die verkeerde manier kan verwesenlik nie. Ons s dat die agb Premier enige van sy ander Ministers moet kies, maar hy moet nie iemand in beheer plaas wat ons agterdogtig maak en dan die agterdog laat toeneem omdat daar baie doelbewuste onwaarhede as deel van sy verdediging in die aangeleentheid is nie. [Tussenwerpsels.]

Ons moet dit ook hier baie duidelik maak dat die ANC nooit gevra het dat die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme oor hierdie aangeleentheid moet bedank of afgedank moet word nie. Ons het bloot gevra dat hy uit die raad verwyder moet word. Ons het hom nie gevra om te bedank nie en ons het nie gevra dat hy afgedank moet word nie, hoewel ek nie dink dat hy as Minister van die regte soort is nie. Ons het nie gevra dat hy afgedank moet word of moet bedank nie want, sedert die flinke wyse waarop die agb lid me Adams die rol vervul het, het die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme die grootste bate geword wat die ANC aan daardie kant van die Huis het. Ons wil h dat hy daar moet bly, want solank hy daar is, is ons in staat om deur daardie moralistiese eiegeregtigheid dat hulle onkorrupteerbaar is en slegs swartes korrupteerbaar is, te dring. Dit is die kwessie.

Die agb Premier moet nie die agb Minister afdank nie, maar hom in sy pos aanhou. Hy is ons bate, maar hy moet uit die raad verwyder word. Dit is die eenvoudige punt wat die ANC maak.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek kan nie aan u s hoe verheug ek is dat ek aan hierdie debat kan deelneem nie. Ten eerste is beskuldigings gemaak dat ek betrokke was by pogings om die voorstel wat vandag voor die Huis dien, te vertraag. Ek gee my woord van eer dat ek in geen stadium genader is om die aangeleentheid te vertraag nie, en ek het ook in geen stadium enigiemand gevra om dit te vertraag nie. [Tussenwerpsels.] Ek was te eniger tyd beskikbaar om oor hierdie aangeleentheid te praat en sal te eniger tyd oor enige programme praat, sowel in die Huis as buite die Huis.

Oor die afgelope twee jaar het ek slegs by een vorige geleentheid my vrou versoek om op die galery teenwoordig te wees. Ek het egter spesifiek my vrou en my jongste seun versoek om vandag op die galery teenwoordig te wees, want ek wil h dat hulle die soort beskuldigings moet hoor wat teen my gemaak word ...

*Me T ESSOP: Sies tog.

*Die MINISTER: ... - die agb lid me Essop kan s, "Sies tog" - en ek wil h dat hulle moet verstaan waarom ek hier is. Twee jaar gelede het hulle aan my ges, "Pa, het jy dit in jou lewe nodig? Moet jy weer tot die politiek toetree?" Dit is juis die rede waarom ek vandag hier sit; vanwe die soort sake wat ons vandag hier hanteer en die soort onsin wat deur die agb lede aan daardie kant van die Huis opgerakel word.

Mnr die Speaker, ek en die agb Premier was gister in Pretoria. Ons is na 'n nasionale Kabinetsvergadering uitgenooi, saam met die Premiers en Ministers van Finansies van die ander provinsies, om die horisontale en vertikale verdelings oor Finansies te hanteer. Dit is waar dat 'n mens nie met politieke medestryders meng nie. Tydens so 'n vergadering word 'n mens egter met respek behandel, jou standpunte word oorweeg en jy kan ook tydens die pouses met die nasionale Kabinetsministers meng en ondervindings deel - en, ek kan ook s, verskille - in 'n atmosfeer sonder onaangenaamheid en sonder wreweligheid.

Mnr die Speaker, waarom noem ek dit? Ek noem dit, want die hartseer aspek van dit alles is dat die anderkant van die Huis eenvoudig nie verstaan wat samewerkende regering is nie. Hulle verstaan ook nie dat wanneer ons aan hierdie kant van die Huis met hulle wil saamwerk, hulle nie die vaagste benul het nie. [Tussenwerpsels.] Hulle mik vir die man, en nie vir die bal nie. [Tussenwerpsels.]

Waarom haal ek hierdie saak op? Ek haal hierdie saak op, want sedert ek in Oktober 1998 die amp aanvaar het, het ek 'n beleid van samewerking met die opposisie aangeneem. Ek het amptelik sowel as nie-amptelik aangeleenthede met hulle gedeel, meer spesifiek oor een van die portefeuljes wat ek steeds beklee en een portefeulje wat nou die verantwoordelikheid van die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning is. Dit maak my hartseer om dit te s, maar daardie verhouding is terde vernietig, meer spesifiek deur twee agb lede aan daardie kant van die Huis. Hulle het daardie verhouding vernietig deur persoonlike beskuldigings teen my te maak - en dit is nie die eerste maal nie - waarvan hulle slegs onder 'n poligraaftoets sal toegee dat dit gemeen is, in 'n poging om my met modder te bestook in die hoop dat 'n deel daarvan sal bly vaskleef.

Mnr die Speaker, soos ek ges het, hulle verstaan nie wat samewerkende regering is nie. Selfs hul alliansievennote - soos ons vandag in die mediaberigte gesien het en by verskeie geleenthede bevestig is - kom die verwaandheid agter wat deur die ANC openbaar word. Daar word ges dat indien 'n mens nie die hitte in die kombuis kan verduur nie, jy moet padgee, en hierdie veragtelike gedrag deur agb lede van die opposisie sal deur die publiek beoordeel word vir presies wat dit is - veragtelik.

Mnr die Speaker, as die opposisie dink dat hulle my vasbeslotenheid wegkalwe, het ek 'n bietjie slegte nuus vir hulle. Hulle versterk my vasbeslotenheid om selfs harder as voorheen te baklei. Ten eerste - en hoewel dit voorheen hanteer is, wil ek dit graag hier hanteer - wil ek na die beskuldiging rakende die Maatskappywet verwys. Die maatskappye se prokureurs het bevestig wat die pligte van 'n direkteur ten opsigte van die verklaring van belange is. Ek het 'n volledige verklaring teenoor die raad van Convenco gemaak - om die waarheid te s, meer as wat ek nodig het om te doen. Mnr die Speaker, 'n mens hoef hoegenaamd geen verklaring te maak nie. Die enigste geval wanneer 'n mens 'n verklaring ingevolge die Maatskappywet moet maak, en mev - is dit me of mev? - Essop s dat sy ten volle vertroud is met die Maatskappywet ...

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: daar is 'n gebruik in die Huis om na ander lede as lede te verwys. Ek dink lid Markovitz weet baie goed ... [Gelag.]

'n AGB LID: Sit! Sit! [Gelag.]

Die SPEAKER: Orde!
Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, dit wys hoe aansteeklik swak gewoontes kan raak! [Tussenwerpsels.] Ek wil 'n beroep op die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme maak om na alle lede as lede te verwys.

*Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb lid mnr Dugmore het heeltemal reg, maar 'n mens moet in aanmerking neem dat agb lede dit partykeer doelbewus doen. Die agb lid me Essop het na "Hennie" verwys ...

*Die MINISTER: "Hennie", presies. [Tussenwerpsels.] Twee maal.

*Die SPEAKER: Vanwe die konteks waarin dit gebruik is, het ek nie die debat onderbreek om dit reg te stel nie. Die agb lid mnr Dugmore het reg. Ek gaan nie teen die agb Minister beslis nie, want ek dink nie dat hy dit doelbewus gedoen het nie. Die Rels bepaal dat daar nie na 'n lid verwys kan word deur bloot sy of haar naam te gebruik nie. As daar op 'n eerbiedige wyse na 'n agb lid verwys word, sou dit aanvaarbaar wees.

Ons het nou die dag 'n punt van orde oor hierdie aangeleentheid gehad. Ons moet by die gebruike van die Huis hou, anders sal agb lede begin om terug te kap en dit sal die waardigheid van die Huis aantas. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, dit wys hoe 'n mens swak gewoontes by die ander kant van die Huis kan optel. 'n Vorige spreker het egter bevestig hoeveel sy van die Maatskappywet weet, maar ek is bevrees ek moet s dat sy baie min van die Maatskappywet weet. Dit is heeltemal duidelik - veral uit party van die toesprake wat deur vorige sprekers gemaak is.

Mnr die Speaker, hulle het reg gehad toe hulle ges het dat die raad eenparig aanvaar het dat ek geen botsing van belange het nie en nadat ek inligting voorgel het, was dit nie nodig nie - soos deur die prokureurs bevestig. 'n Mens hoef net ...

AGB LEDE: Wanneer?

Die MINISTER: Luister mooi. 'n Mens hoef net botsings van belange te verklaar as jy 'n botsing van belange het. As 'n mens nie botsende belange het nie, hoef jy dit nie te verklaar nie.

Mnr die Speaker, soos ek ges het, dit was eenparig aanvaar. Wie was egter teenwoordig? Die agb lid mnr Strachan het vroer ges dat mnr Mowzer, 'n direkteur wat die Stad Kaapstad verteenwoordig, drie minute laat was. Ek toets daardie stelling; dit is nie die waarheid nie. Hy was presies 14 minute laat, soos hy gewoonlik is, want hy was nie om 07:00 by die Konvensiesentrum-vergadering nie. As voorsitter het ek die agenda streng ooreenkomstig die aangeleenthede op die sakelys hanteer. Ek het die aanwesigheid, verskonings, notules en enige sake voortspruitend uit die notules hanteer, asook die volgende item. Ek stel nie die agenda saam nie - die HUB stel die agenda saam. Ek het niks te doen met die samestelling of die orde van die agenda nie.

Mnr Mowzer was laat. [Tussenwerpsels.] Mnr Mowzer was laat. [Tussenwerpsels.] Mnr Mowzer is nie die enigste ANC-verteenwoordiger in daardie raad nie. Tony Gocini, die adjunkvoorsitter van die ... [Tussenwerpsels.] ...

'n AGB LID: Julle ken hom.

Die MINISTER: ... uitvoerende komitee - dank Vader u herken sy naam - ... [Gelag.] ... van die Kaapstadse Stadsraad, en 'n direkteur, was teenwoordig. My verklaring was nie die enigste een op die tafel nie. In daardie stadium was daar twee verklarings deur twee ander direkteure. Hoe het ek die aangeleentheid hanteer? [Tussenwerpsels.] Ek het ges dat dit openbaar gemaak is. [Tussenwerpsels.] 'n Paar sake het by die agb lid verbygegaan. Ek het vroer ges dat 'n mens nie enige verklaring hoef te maak nie, maar ons het besluit om daardie verklarings te maak in die belang van een saak - sodat die ANC aan daardie kant van die Huis nie die kanse dat daar met die konvensiesentrum voortgegaan word, in die wiele moet ry of moet swart smeer nie.

Mnr die Speaker, ons het toe ges dat ons verder sou gaan as wat in die Maatskappywet bepaal word en dat ons heeltemal openlik moet wees oor enige belange wat ons miskien kan h en dit op die tafel moet plaas. Dit is wat ons besluit het om te doen vanwe wat hulle opgerakel het ten einde 'n pretbederwer te wees sover dit die konvensiesentrum aangaan. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, as voorsitter van die vergadering het ek ges dat die openbaarmakings op die tafel was - en ek verduidelik dit, maar die notules sal onthul wat ek ges het - en ek het gevra of enigiemand daarop wil kommentaar lewer of enige ander saak ophaal. En toe het ek dit vir 'n tydperk gelaat, wat ek slegs kan skat om 10 of 15 sekondes te wees. Daar was geen woord nie. En toe, onmiddellik nadat ons die aangeleentheid afgehandel het, wie anders as Saleem Mowzer, die direkteur, het ingestap? Voorts sou Tony Gocini 'n briefie aan hom kon stuur om te s, "Hierdie aangeleentheid is reeds bespreek," of woorde wat daarop neerkom, "Wil jy dit nie weer ophaal nie?" Ek sou sekerlik vanwe my betrokkenheid bereid gewees het om die aangeleentheid weer op te haal as mnr Mowzer daarna verwys het, maar daar was nie 'n woord van mnr Mowzer nie, selfs hoewel openbaarmaking van belange 'n item op die agenda was. Mnr Mowzer kon ges het, "Mnr die Voorsitter, ek is jammer dat ek laat is. Ek was nie teenwoordig vir die openbaarmaking van belange item nie. Kan u asseblief aan my s wat gebeur het?" Maar daar was nie een woord van mnr Mowzer nie. 'n Mens moet spesifieke mense hanteer volgens hul meriete en waardes, en ek is bevrees dat ek moet s dat party mense nie oor die vermo beskik nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, soos ek ges het - luister mooi - ek het nooit gedink dat ek hoegenaamd enige belang het in enige saak rakende die konvensiesentrum of enige hotelaangeleentheid nie. Die vraag is: wie stel 'n mens aan in 'n direksie; mense wat kundigheid van die onderwerp het of mense wat nog nooit by 'n sakeonderneming of 'n nywerheidsmaatskappy betrokke was nie? Ek voer aan dat indien 'n mens laasgenoemde uitweg volg, 90% van die direkteure van openbare maatskappye sal moet bedank. Kyk na die direksies van Ou Mutual, Anglo American, De Beers, Nail of enige ander maatskappy. Dit is mense wat in die direksies ingebring is vanwe hul persoonlike kennis van aangeleenthede.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Wat beheer Ministers?

*Die MINISTER: Ek is baie bly dat die agb Leier van die Opposisie, as ek hulle 'n opposisie kan noem, inderdaad hierdie aangeleentheid opgehaal het, want nou wil ek oorgaan na die beskuldiging van 'n oortreding van artikel 136(2)(b) van die Grondwet. Ek gaan dit herhaal, hoewel dit voorheen ges is. Dit bepaal onder meer, en ek haal aan:

(2) Lede van die Uitvoerende Raad ... mag nie -

(b) optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of ... -

en hier kom die goue woorde -

			... hulself blootstel ... -

ek onderstreep die woord "blootstel" -

... aan enige omstandigheid wat die risiko inhou ...			

*Mnr C M DUGMORE: Waarom baklei u so hard hiervoor?

*Die MINISTER: Omdat daardie agb lid nie kan verstaan wat diens aan die gemeenskap is nie. Kom ek herhaal:

... of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou ... -

ek onderstreep die woord "risiko" -

... van 'n botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie; ...

Mnr die Speaker, ek is op 1 Oktober 1998 ingesweer as Minister van Finansies en kort daarna, op 9 Oktober 1998 - die agb lid mnr Dugmore behoort aantekeninge te maak - het ek aan die agb Premier geskryf en verklaar wat my sakebelange in daardie stadium was. 'n Afskrif van hierdie brief is aan die Direkteur-generaal gestuur. Die agb Premier het op 14 Oktober 1998 ontvangs erken van my brief. In my brief het ek spesifiek gewys op die maatskappy wat, en ek haal aan, "hotel and leisure interests" gehad het. Ek herhaal: ek het gewys op 'n maatskappy wat belange in die hotel- en ontspanningsbedryf het.

*Mnr C M DUGMORE: Watter maatskappy?

*Die MINISTER: Ons sal wag dat die Openbare Beskermer dit hanteer.

*Mnr C M DUGMORE: Vertel ons nou. Wat steek u weg?

*Die MINISTER: Die agb lid moet probeer om 'n vraag op die regte wyse aan my te stel.

Mnr die Speaker, die Kabinet het my aanstelling as 'n direkteur van Convenco nagegaan, en in die lig van my volle openbaarmaking op 9 Oktober 1998 het die Kabinet derhalwe volledig kennis gedra van my sogenaamde belange en daar was dus geen ... [Tussenwerpsels.]

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]
Die MINISTER: Mnr die Speaker, het iemand my 'n rassis genoem?

*Die SPEAKER: Orde! Nee, die agb lid het nie na die agb Minister verwys nie. Hy mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die Kabinet het ten volle kennis gedra van my sogenaamde belange en daar was dus geen risiko dat ek myself blootstel aan enige situasie wat 'n botsing van belange kon behels nie.

Mnr die Speaker, wat beteken dit om jouself aan 'n risiko bloot te stel? Is dit 'n risiko om per vliegtuig te reis? Is dit 'n risiko om langs 'n buurman te woon wat 'n bulterrir besit? Beteken dit dat die bulterrir jou kinders sal byt of dat die vliegtuig sal val of, wat dit betref, dat alle bulterrirs kwaai is en dat 'n mens altyd in gevaar is sover dit alle bulterrirs aangaan? Wat is risiko?

*Me T ESSOP: Is u ligsinnig?

*Die MINISTER: Daardie agb lid sal nie verstaan nie.

Mnr die Speaker, ons almal stel ons op 'n daaglikse grondslag aan risiko bloot; anders sou ons nie soggens uit die bed opstaan nie. Dit is 'n kwessie van wat berekende en deurdagte risiko's is.

*Mnr C M DUGMORE: Dit is 'n dobbelspel, Leon.

*Die MINISTER: Ek word nie toegelaat om te dobbel nie. Die agb lid weet dit.

Mnr die Speaker, ek wil ook agb lede se aandag vestig op wat my kollega die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid ges het, en dit is die moeite werd om dit te herbeklemtoon. Ek verwys ook na par 3.5 van die konsep-gedragskode, want dit is belangrik. Par 3.2 van daardie kode, wat opgestel is deur 'n komitee onder voorsitterskap van die nasionale Minister van Onderwys, bepaal, en ek haal aan:

A member must withdraw from the proceedings of any committee of the Cabinet or an Executive Council considering a matter in which the member has any personal or private financial or business interest, unless the President or the Premier, as the case may be, decides that the member's interest is trivial or not relevant.

Indien iemand, deur die verbeelding baie ver te rek, sou s dat ek nie die naelstring van my sakebelange afgeknip het, soos ek gemaak het, nie, sou die agb Premier hierdie aangeleentheid as onbenullig of nie toepaslik nie beskou het? Ek waag om aan die hand te doen dat die agb Premier, deurdat hy deel van my aanstelling as 'n direkteur was, ipso facto daardie besluit geneem het. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek verklaar vandag hier voor die Almagtige God dat ng ek ng enige lid van my gesin of familielede enige huidige, vorige of toekomstige belang in enige aangeleentheid rakende enige ontwikkeling van die Convenco-perseel of, om die waarheid te s, enige ander perseel in die nabye omgewing van die konvensiesentrum het nie.

Ek is op 'n ouderdom wat in die sake- en openbare lewe beskou word as die aftreetydperk van 'n mens se lewe. Ek sal aan die einde van my politieke loopbaan aanskuif, nie na my voormalige sakekantore nie maar, as dit God behaag, na die agterstoep, waar ek agteroor kan sit en 'n goeie boek kan lees. Die vraag is egter: beskou ek die 40 jaar van sakeondervinding wat ek opgedoen het as 'n albatros om my nek om nie tot voordeel van die provinsie aangewend te word nie, of word ek geheel en al ontman omdat ek 'n swak opposisie het wat niks beter het om te doen nie as om spoke te sien waar daar geen spoke is nie? [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid moet nie ongeskik wees nie. Hy behoort van beter te weet.

Die gal wat deur daardie agb lede gebraak is, is tipies van 'n rigtinglose opposisie wat na my mening hulself behoort te skaam vir hul gebruik van wat slegs beskryf kan word as om op 'n gemene manier te baklei en, ek herhaal, omdat hulle die konvensiesentrum beskadig. Dit is die eerste geleentheid sedert die Konvensiesentrummaatskappy gestig is wat enige politieke aangeleentheid ingesleep is by enige raadsvergadering van die ...

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Dit is polities. Ek is bevrees daardie agb lid sal nie verstaan nie.

*Me T ESSOP: U sal nie rekenpligtigheid verstaan nie, selfs al spel ons dit uit.

*Die MINISTER: Die agb lid me Essop sal nie verstaan nie.

*Me T ESSOP: U sal nie eens weet wat rekenpligtigheid is nie.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die publiek verwag 'n vlymskerp opposisie, maar wat hulle het, is 'n stomp en wanhopige opposisie.

Mnr die Speaker, ek het doelbewus nie verwys na die ANC se persverklaring op 22 Augustus 2000 nie, want die inhoud is onderhewig aan voorgestelde lasterstappe in die hande van my prokureurs wat die aangeleentheid hanteer en is op die punt om deur senior regsverteenwoordigers hanteer te word. [Tussenwerpsels.] Hulle sal meer geld moet kry, of moet kruip en om verskoning vra. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, laastens wil ek beklemtoon dat ek enige ondersoek deur die Openbare Beskermer verwelkom. Ek sal enige inligting verstrek wat hy mag verlang, en ek sal vra dat die ANC moet staaf of swyg.

Debat afgesluit.

Die Huis verdaag om 16:34 tot Dinsdag, 19 September 2000.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

MAANDAG, 28 AUGUSTUS 2000

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:
		
1. Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 4 - Behuising en Beplanning van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 102/2000].

2. Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 5 - Finansies van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 103/2000].

3. Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 3 - Algemene Administratiewe Dienste van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 104/2000].

4. Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 7 - Gesondheid van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 102/2000].

5. Algemene Verslag van die Ouditeur-generaal oor die rekenings van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 106/2000].

6. Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ter tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

(i) Developmental Welfare Governance Bill [B43-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(ii) Bills of Exchange Amendment Bill [B47-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iii) Education Laws Amendment Bill [B48-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(iv) Abolition of Lebowa Mineral Trust Bill [B49-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(v) Wetsontwerp op die Beheer van Konvensionele Wapens [W50-2000].

(vi) Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture [W51-2000].

(vii) National Health Laboratory Service Bill [B52-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(viii) Home Loan and Mortgage Disclosure Bill [B53-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(ix) South African Weather Service Bill [B54-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(x) Wysigingswetsontwerp op Hor Onderwys [W55-2000].

(xi) Bankwysigingswetsontwerp [W56-2000].

WOENSDAG, 6 SEPTEMBER 2000

AANKONDIGING:

Die Speaker:

Die volgende veranderings is met ingang van 4 September 2000 aan die lidmaatskap van Komitees aangebring:

1.	Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe:

Lede

Aangestel: Y Gabru
Onthef: M Ozinsky

Alternatiewe Lede

Aangestel: K Mqulwana, C Stali, M Vantura
Onthef: Y Gabru, R Williams
		
2.	Staande Komitee oor Openbare Rekeninge:

Lede

Aangestel: K Mqulwana
Onthef: L Brown

KOMITEEVERSLAE:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W11-2000], gedateer 4 September 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Agtste Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W11-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om verslag te doen dat hy sy oorweging van die Wetsontwerp voltooi het.

2.	Verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W12-2000], gedateer 5 September 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Negende Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne [W12-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om die Wetsontwerp sonder amendement voor te l.

TERTAFELLEGGING:

1. Die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

Verslag van magtiging ingevolge artikels 25(4)(a) en 25(5) van die Public Finance Management Act (PFMA) (Wet 1 van 1999), gedateer 30 Augustus 2000, soos volg:

Ingevolge artikels 25(4)(a) en 25(5) van die PFMA, doen ek hiermee verslag oor die volgende magtiging vir tertafellegging in die Provinsiale Parlement en die openbaarmaking daarvan:

Ingevolge die magte aan my verleen deur artikel 52(1) van die PFMA (Wet 1 van 1999), en artikel 5 van die Wes-Kaapse Wet op Regstreekse Laste, 2000 (Wet 6 van 2000), het ek, Leon D Markovitz, provinsiale Minister belas met finansile aangeleenthede, die onttrekking van R37 miljoen van die Wes-Kaapse Provinsiale Inkomstefonds vir die 2000/01 boekjaar as 'n regstreekse las gemagtig om uitgawes van 'n buitengewone aard te delg, waarvoor daar nie tans voorsien word in Begrotingspos 3 - Finansies nie, om die werksaamhede van WAN bediener en dwarsleggende toepassings en verwerkingsdienste, verskaf deur die Staats Inligtings Tegnologie Agentskap (SITA), en wat nie tot 'n volgende begroting deur die Provinsiale Parlement uitgestel kan word sonder ernstige benadeling van die openbare belang in die Provinsie nie.



1900	DONDERDAG, 7 SEPTEMBER 2000



	DONDERDAG, 7 SEPTEMBER 2000	1901



	DONDERDAG, 7 SEPTEMBER 2000	1855


